’
n Nag op die Meer
341
gevestig te hou. Ons voete begin gly, en die water begin oor ons siele
gaan. Jesus het Petrus nie beveel om na Hom te kom sodat hy kon
vergaan nie; Hy roep ons nie om Hom te volg en verlaat ons dan
nie. “Moenie vrees nie,” sê Hy; “Wees nie bevrees nie, want Ek het
jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! As jy deur
die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere — hulle sal jou nie
oorstroom nie; as jy deur die water gaan, sal jy jou nie skroei nie,
en die vlam sal jou nie brand nie. Want Ek is die Here, jou God, die
Heilige van Israel, jou Heiland.” Jes. 43: 1-3.
Jesus het die karakter van Sy dissipels gelees. Hy het geweet hoe
kwaai hulle geloof beproef sou word. In hierdie voorval op die water
wou Hy aan Petrus sy eie swakheid openbaar — aan hom wys dat
sy enigste veiligheid gedurige vertroue op goddelike krag was. Te
midde van die storms van versoeking sou hy alleen veilig wees as
hy homself heeltemal wantrou en die Heiland alleen vertrau. Petrus
was swak op die punt waar hy gedink het dat hy sterk was; en nie
alvorens hy sy swakheid besef het, sou hy sy behoefte besef om op
Christus te vertrou nie. As hy die les sou geleer het wat Jesus hom
in die ondervinding daar op die water wou leer, sou hy nie beswyk
het toe hy die groot toets moes deurmaak nie.
Dag na dag leer God Sy kinders. Deur die omstandighede van
die daelikse lewe berei Hy hulle voor om hulle rol te speel in die
groter toneel waartoe Sy voorsienigheid hulle roep. Dit is die uitslag
van die daelikse toets wat hulle oorwinning of neerlaag bepaal in
[385]
die groot krisis van die lewe.
Diegene wat hulle gedurige afhanklikheid van God nie besef nie,
sal oorwin word deur versoeking. Ons mag nou dink dat ons voete
vasstaan en dat ons onwankelbaar is. Ons mag met vertroue sê, Ek
weet op wie ek vertrou het; niks sal my geloof in God en Sy Woord
laat wankel nie. Maar die Satan lê op die loer om gebruik te maak
van ons aangebore en aangeleerde karakterneigings, en ons oë te
verblind vir ons eie behoeftes en gebreke. Alleen deur ’n besef van
ons eie swakheid, en deur ons oë op Jesus gevestig te hou, kan ons
veilig wandel.
Jesus het nog skaars Sy plek ingeneem op die skuit of die wind
het gaan lê, “en dadelik het die skuit by die land aangekom waar
hulle na toe gaan.” Die nag van angs is vervang deur die lig van
die dageraad. Die dissipels en die ander wat aan boord was, het