Page 343 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

n Nag op die Meer
339
Waarom het Hy wat soveel mag het, Homself dan nie geopenbaar in
Sy ware karakter en hulle lot draagliker gemaak nie? Waarom het
Hy Johannes die Doper nie verlos van ’n gewelddadige dood nie? So
het die dissipels geredeneer totdat hulle groot geestelike duisternis
op hulleself gebring het. Hulle het gevra: Kan Jesus ’n bedrieër wees
soos die Fariseërs beweer?
Die dissipels was daardie dag getuie van die wonderwerke van
Christus. Dit het geskyn asof die hemel na die aarde gekom het. Die
herinnering aan daardie heerlike dag moes hulle met geloof en hoop
vervul het. As hulle uit dankbare harte oor daardie dinge gesels het,
sou hulle nie in die versoeking gekom het nie. Maar hulle het net
gedurig aan hulle teleurstelling gedink. Die woorde van Christus,
Maak die stukke bymekaar . . . sodat niks verlore gaan nie,” daaraan
het hulle nie gedink nie. Dit was ure van groot seën vir die dissipels
daardie, maar nou het hulle alles vergeet. Hulle was op stormagtige
waters. Hulle gedagtes was. stormagtig en onredelik, en die Here het
hulle toe iets anders gegee om hulle siele in beproewing te bring en
hulle gedagtes besig te hou. God doen dit dikwels wan-neer mense
laste en moeilikhede vir hulleself maak. Die dissipels het geen rede
gehad om moeilikheid te maak nie, want die gevaar het reeds vinnig
genader.
n Vreeslike storm het hulle stilletjies genader, en hulle was on-
voorberei daarvoor. Dit was ’n skielike kontras, want die dag was
volmaak; en toe die storm hulle tref, was hulle bang. Hulle het hulle
liefdeloosheid vergeet, hulle ongeloof en hulle ongeduld. Almal het
[383]
gewerk om te belet dat die skuit sink. Dit was maar ’n kort endjie oor
die meer van Betsaida af na die punt waar hulle verwag het om Jesus
te ontmoet, en in mooiweer sou die reis maar ’n paar uur geneem
het; maar hulle het verder en verder gedryf van die punt waarheen
hulle gemik het. Tot die vierde nagwaak het hulle geroei, en toe het
die flou manne die saak gewonne gegee. In die storm en duisternis
het die see hulle hulle eie hulpeloosheid geleer, en hulle het gesmag
na die teenwoordigheid van hulle Meester.
Jesus het hulle nie vergeet nie. Die Wagter op die kus het gesien
hoe die vreesbevange manne met die storm worstel. Nie vir een
oomblik het Hy Sy dissipels uit die oog verloor nie. Met die grootste
besorgdheid het Sy oë die dobberende skuitjie met sy kosbare be-
manning dopgehou; want daardie manne sou die lig van die wêreld