Page 342 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

338
DIE KONING VAN DIE EEUE
Toe Hy alleen was, het Jesus “na die berg gegaan om te bid.”
Vir ure het Hy met God gepleit. Nie vir Homself nie, maar vir die
mense het Hy gebid. Hy het gebid om krag om aan die mense die
goddelike karakter van Sy sending te openbaar, sodat die Satan hulle
sinne nie mag verblind en hulle oordeel verdraai nie. Die Heiland
het geweet dat Sy dae van persoonlike bediening op aarde byna
op ’n end was, en dat min Hom sou aanneem as hulle verlosser.
In groot sielsangs het Hy vir Sy dissipels gebid. Hulle sou swaar
beproef word. Hulle lankgekoesterde hoop, wat berus het op ’n
populêre wanbegrip, sou op n baie pynlike en vernederende wyse
teleurgestel word. Pleks dat Hy op die troon van Dawid verhoog
sou word, sou hulle Sy kruisiging sien. Dit sou inderwaarheid Sy
ware kroning wees. Maar hulle het dit nie besef nie, en gevolglik sou
hulle in heftige versoekings kom wat hulle kwalik as versoekings
sou herken. Sonder die Heilige Gees om hulle verstand te verlig en
hulle te help om te begryp, sou die geloof van die dissipels faal. Dit
was pynlik vir Jesus dat hulle begrip van Sy koninkryk in ’n groot
mate beperk was tot wêreldse voordeel en eer. Die las vir hulle het
baie swaar op Sy hart gedruk, en Hy het in bittere angs en trane vir
hulle gebid.
Die dissipels het nie dadelik van die land vertrek soos Jesus hulle
beveel het nie. Hulle het vir ’n tyd gewag, hopende dat Hy na hulle
sou kom. Maar toe hulle sien dat dit vinnig donker word, “het hulle
in die skuit geklim,” en “oor die meer gevaar na Kapernaum.” Hulle
het Jesus verlaat met ontevrede harte, meer ongeduldig met Hom as
nog ooit tevore sedert hulle Hom aangeneem het as hulle Here. Hulle
[382]
het gemurmureer omdat hulle nie toegelaat is om Hom as koning
uit te roep nie. Hulle het hulleself blameer omdat hulle Sy bevel
so geredelik gehoorsaam het. Hulle het gemeen dat as hulle nie so
maklik ingegee het nie, hulle hulle doel moontlik sou bereik het.
Ongeloof was besig om van hulle verstand en harte besit te neem.
Liefde vir eer het hulle verblind. Hulle het geweet dat die Fariseërs
Jesus gehaat het, en hulle wou Hom graag verhef sien soos hulle
gemeen het dat Hy behoort te wees. Om verbind te wees met ’n
leraar wat magtige wonderwerke kon verrig, en tog uitgeskel te word
as bedrieërs, was ’n beproewing wat hulle nie langer kon verduur
nie. Moes hulle maar altyd beskou word as volgelinge van ’n valse
profeet? Sou Christus dan nooit Sy gesag as koning handhaaf nie?