’
n Nag op die Meer
337
die regmatige erfdeel is van hulle Meester. Dit is die beskeidenheid
van Christus, sê hulle, wat Hom beweeg om so ’n eer te weier. Laat
die mense hulle Verlosser verhoog. Laat die hovaardige priesters en
owerstes gedwing word om Hom te eer wat beklee is met die gesag
van God.
Gretig besluit hulle cm hulle plan uit te voer, maar Jesus merk
wat aan die gang is, en Hy verstaan soos hulle nie kan besef nie
wat die gevolge van so ’n daad sou wees. Op daardie oomblik het
die priesters en owerstes gesoek om Hom te dood. Hulle beskuldig
Hom dat Hy die mense van hulle aftrek agter Hom aan. Opstand
en geweld sou die gevolg wees as daar ’n poging is om Hom op
die troon te plaas, en die werk van die geestelike koninkryk sou
verhinder word. Sonder versuim moes hierdie beweging stopgesit
word. Jesus het Sy dissipels geroep en hulle beveel om die skuit te
neem en dadelik na Kapernaum terug te keer, en Hom daar agter te
laat om die skare uiteen te laat gaan.
Nog nooit het ’n bevel van Christus so onmoontlik gelyk nie. Die
dissipels het lank reeds gehoop op ’n volksbeweging om Jesus op die
troon te plaas; hulle kon nie daaraan dink dat al hierdie entoesiasme
op niks sou uitloop nie. Die skare wat daar begin vergader het vir
die Paasfees wou baie graag die nuwe profeet sien. Vir Sy navolgers
was dit bepaald die gulde geleentheid om hulle geliefde Meester op
die troon van Israel te bevestig. In die gloed van hierdie nuwe plan
was dit swaar vir hulle om alleen weg te gaan en Jesus daar op die
[381]
verlate strand agter te laat. Hulle het beswaar gemaak teen hierdie
reëling; maar Jesus het nou met ’n gesag gepraat soos Hy nog nooit
teenoor hulle gebruik het nie. Hulle het geweet dat verdere opposisie
van hulle kant nutteloos sou wees, en in stilte is hulle weg na die
meer.
Jesus het nou die skare gelas om uiteen te gaan; en Sy optrede
was so beslis dat hulle nie gedurf het om ongehoorsaam te wees nie.
Die woorde van lof en verheffing sterf op hulle lippe. Juis toe hulle
vorentoe tree om Hom te gryp, is hulle tot stilstand gebring, en die
uitdrukking van vreugde sterf weg op hulle gelaat. Onder daardie
skare is daar vasberade manne met ’n onverskrokke gees; maar die
koninklike gedrag van Jesus, en Sy paar gebiedende woorde, maak
die lawaai stil, en verydel hulle planne. Hulle erken in Hom ’n krag
bo alle aardse gesag, en sonder meer gee hulle in.