Page 340 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

n Nag op die Meer
SITTENDE daar op die gelyke graspiek, in die skemering van
die lente-aand, het die mense die voedsel geëet wat Christus voorsien
het. Die woorde wat hulle daardie dag gehoor het, het tot hulle gekom
soos die stem van God. Die werke van genesing wat hulle gesien
het, was van so ’n aard dat niks anders as goddelike krag dit kon
gedoen het nie. Maar die wonderwerk van die vermeerdering van
die brode het ’n indruk gemaak op elkeen onder die skare. Almal
het daarby gebaat. In die dae van Moses het God Israel met manna
in die woestyn gevoed; en wie was hierdie man wat hulle daardie
dag gevoed het anders as die Een wat Moses voorspel het? Geen
menslike krag kon vyf garsbrode en twee klein vissies vermeerder
sodat dit genoeg was om duisende hongerige mense te voed nie.
En hulle het vir mekaar gesê, “Hy is waarlik die profeet wat in die
wêreld sou kom.”
Die hele dag al is hulle al meer en meer oortuig. Daardie daad wat
die kroon op alles gesit het, is die versekering dat die lang- verwagte
Verlosser in hulle midde is. Die hoop van die mense het hoër en hoër
gestyg. Dit is Hy wat Judea sal omskep in ’n aardse paradys, ’n land
[380]
vloeiende van melk en heuning. Hy kan in elke behoefte voorsien.
Hy kan die mag van die gehate Romeine verbreek. Hy kan Judea en
Jerusalem verlos. Hy kan die soldate wat in die geveg gewond raak,
genees. Hy kan die leërs van voedsel voorsien. Hy kan die heidene
oorwin en aan Israel die heerskappy gee wat hulle so lank verlang
het.
In hulle geesdrif was die mense gereed om Hom sommer dadelik
as koning uit te roep. Hulle sien dat Hy geen pogings aanwend om
die aandag op Hom te vestig of om eer vir Homself te soek nie.
In hierdie opsig verskil Hy wesenlik van die priesters en owerstes,
en hulle vrees dat Hy nooit sal aanspraak maak op Sy reg tot die
troon van Dawid nie. Na beraadslaging het hulle besluit om Hom met
geweld te neem en Hom uit te roep as koning van Israel. Die dissipels
staan saam met die skare in die verklaring dat die troon van Dawid
336