Page 339 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Gee Julle vir Hulle Iets om t e Eet”
335
hongerige skare bevredig was nie. As ons sou gaan na die Bron
van alle krag, met ons hande van geloof uitgesteek om te ontvang,
sal ons versterk word in ons werk selfs onder die onmoontlikste
omstandighede, en ons sal in staat wees om aan ander die brood van
die lewe te gee.
Die Here sê, “Gee, en vir julle sal gegee word.” “Wie spaar-
saamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal
ook volop maai. ... En God het mag om alle genade oor julle oor-
vloedig te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en
oorvloedig kan wees tot elke goeie werk. Soos geskrywe is:
Hy het uittestrooi, Hy het aan die armes gegee,Sy geregtigheid
bly tot in ewigheid.”
En mag Hy wat saad aan die saaier verskaf, ook brood ver-
skaf om te eet, en julle saad vermeerder en die vrug van
julle geregtigheid laat toeneem, sodat julle in alles ryk
kan word tot alle milddadigheid, wat deur ons dankseg-
ging aan God laat toebring.” Lukas 6: 38; 2 Kor.9: 6-11
[378]
[379]