334
DIE KONING VAN DIE EEUE
gee en helpers stuur, opregte, ernstige dissipels wie se hande met
voedsel gevul sal word vir die hongerige menigte. God vergeet nie
diegene wat in liefde werk om die woord van die lewe aan versmag-
tende siele te gee nie, wat weer op hulle beurt die hande uitsteek vir
voedsel vir ander hongerige siele.
In ons werk vir God is daar gevaar van te veel vertroue op wat die
mens met sy talente en bekwaamheid kan doen. So verloor ons die
Meesterwerker uit die oog. Te dikwels besef die werker vir Christus
nie sy persoonlike verantwoordelikheid nie. Daar is gevaar dat hy sy
las sal werp op organisasies, pleks van te vertrau op Hom wat die
Bron van alle krag is. Dit is ’n groot fout om op menslike wysheid
of op getalle te vertrou in Gods w’erk. Suksesvolle werk vir Christus
is nie soseer afhanklik van getalle of talente as op ’n reine doel en
’
n eenvoudige, ernstige, vertrouende geloof nie. Persoonlike verant-
woordelikheid moet gedra word, persoonlike pligte moet opgeneem
word, en persoonlike pogings moet aangewend word vir diegene wat
Christus nie ken nie. Pleks van u verantwoordelikheid af te skuif op
mense wat volgens u mening meer bekwaam is as u, moet u werk
volgens u eie bekwaamheid.
As die vraag tot u kom, “Waarvandaan sal ons brood koop, sodat
hierdie mense kan eet?” moet u antwoord nie ongeloof inhou nie. Toe
die dissipels Christus se bevel gehoor het, “Gee julle vir hulle iets
om te eet,” het daar allerhande moeilikhede voor hulle opgedoem.
Hulle het gevra, Sal ons in die dorpies voedsel gaan koop? So gaan
dit vandag ook: wanneer die mense behoefte het aan die brood van
die lewe, vra die kinders van die Here, Sal ons iemand van ver stuur
om hulle te kom voed? Maar wat het Christus gesê? “Laat die mense
gaan sit,” en Hy het hulle daar gevoed. Wanneer u dus omring is van
[377]
behoeftige siele, moet u weet dat Christus daar is. Tree in verbinding
met Hom. Bring u garsbrode na Christus.
Die middele wat ons het, mag nie voldoende lyk vir die werk nie;
maar as ons in geloof sou voortgaan, gelowende in die allesvermag-
tende krag van God, sal daar oorvloedige voorrade vir ons wees.
As dit Gods werk is, sal Hy self die middele gee om dit te doen. Hy
sal eenvoudige, opregte vertroue op Hom beloon. Die bietjie wat
verstandig en spaarsaam gebruik word in die diens van die Here
van die hemel sal vermeerder soos dit uitgedeel word. In die hand
van Christus het die klein voorraad voedsel nie opgeraak totdat die