“
Gee Julle vir Hulle Iets om t e Eet”
333
middele ons het. Net soos Andreas, toe hy gekyk het na die vyf
gars- brode en twee klein vissies, roep ons uit, “Maar wat is dit vir
so baie mense?” Dikwels aarsel ons, onwillig om alles te gee wat
ons het, en bang om geld uit te gee vir ander, en om self opgebruik
te word vir hulle. Maar Jesus het ons beveel, “Gee julle vir hulle iets
om te eet.” Sy bevel is ’n belofte; en daaragter is dieselfde krag wat
die skare by die meer gevoed het.
In die daad van Christus om in die tydelike behoeftes te voorsien
van ’n hongerige skare, skuil daar ’n diep geestelike les vir al Sy
werkers. Christus het van die Vader ontvang; Hy het aan die dissipels
meegedeel; hulle weer het aan die skare uitgedeel; en die mense
onder mekaar. So sal almal wat met Christus verbind is van Hom die
brood van die lewe ontvang, die hemelse voedsel, en dit aan ander
uitdeel.
In volle vertroue op God het Jesus die paar brode geneem; en
alhoewel daar maar ’n klein porsie vir Sy kring van dissipels was, het
Hy hulle nie genooi om te eet nie, maar Hy het aan hulle begin gee
en hulle beveel om die mense te bedien. Die voedsel het in Sy hande
vermenigvuldig; en die hande van die dissipels wat hulle uitgesteek
het na Christus wat self die Brood van die Lewe is, was nooit leeg
nie. Die klein bietjie proviand was voldoende vir almal. Nadat in die
behoeftes van die mense voorsien is, is die brokkies versamel, en
Christus en Sy dissipels het saamgeëet van die heerlike voedsel wat
die Hemel voorsien het.
Die dissipels was die verbindingskanaal tussen Christus en die
mense. Dit behoort tot groot bemoediging te strek vir Sy heden-
daagse dissipels. Christus is die middelpunt, die bron van alle krag.
Sy dissipels moet hulle voorrade van Hom kry. Die mees intelligente
en mees geestelikgesindes kan gee alleen in die mate wat hulle ont-
vang het. Uit hulleself kan hulle niks voorsien van die behoeftes van
[376]
die siel nie. Ons kan alleen gee wat ons van Christus ontvang het;
en ons kan ontvang alleen namate ons aan ander uitdeel. Waar ons
aanhou uitdeel, sal ons aanhou ontvang; hoe meer ons uitdeel, hoe
meer sal ons ontvang. So kan ons dus gedurig glo, gedurig vertrou,
gedurig ontvang, en gedurig uitdeel.
Die werk om die koninkryk van Christus uit te brei, sal voortgaan,
alhoewel dit skynbaar stadig gaan, en oënskynlik met onoorkomelike
moeilikhede te kampe het. Dit is Gods werk, en Hy sal die middele