“
Gee Julle vir Hulle Iets om t e Eet”
331
elke dag wonderwerke. Deur natuurlike werkinge word dieselfde
daad verrig as by die voeding van die skare. Mense berei die land
en saai die saad, maar dit is die lewe van God wat die saad laat
ontkiem en opkom. Dit is Gods reent en lug en sonskyn wat dit
laat groei “eers ’n halm, dan ’n aar, dan die volle koring in die aar.”
Markus 4: 28. Dit is God wat elke dag miljoene voed uit die oesvelde
van die wêreld. Mense word geroep om met God saam te werk in
die kweking van die graan en die bak van die brood, en om rede
hiervan verloor hulle die goddelike werktuig uit die oog. Hulle gee
nie aan God die heerlikheid wat Sy heilige Naam toekom nie. Die
werking van Sy krag word aan natuurlike oorsake of aan menslike
tussenkoms toegeskryf. Die mens word verheerlik in die plek van
God, en Sy genadegawes word misbruik vir selfsugtige doeleindes,
en dit word n vloek in stede van ’n seën. God wil dit graag alles
verander. Hy wil hê dat ons stomp sinne verkwik moet word om Sy
goedertierenheid te besef en Hom te verheerlik vir die werking van
Sy krag. Hy wil hê dat ons Hom moet erken in Sy gawes, dat hulle,
soos Hy bedoel het, ons tot seën kan wees. Dit was om hierdie doel
te verwesenlik dat Christus Sy wonderwerke verrig het.
Nadat die skare gevoed was, was daar ’n oorvloed van voedsel
oor. Maar Hy wat al die bronne van ewige krag tot Sy beskikking
gehad het, het beveel, “Maak die stukke bymekaar wat oorgeskiet
het, sodat niks verlore gaan nie.” Hierdie woorde het meer beteken
as om net die stukke brood in die mandjies te gooi. Daar was ’n
tweevoudige les. Niks moet gemors word nie. Ons moet geen tyde-
like voordeel verlore laat gaan nie. Ons moet niks verwaarloos wat
’
n mens kan bevoordeel nie. Laat alles versamel word wat die aarde
se hongeriges kan voed. En daar moet ook dieselfde sorgsaamheid
wees in verband met geestelike dinge Toe die mandjiesvol brokkies
versamel is, het die mense aan hulle vriende tuis gedink. Hulle moes
[374]
ook eet van die brood wat Christus geseën het. Die inhoud van die
mandjies is verdeel onder die skare, en hulle het dit in alle rigtings
daar in die omtrek geneem. Diegene wat dus by die fees was, sou
aan ander van die brood gee wat van die hemel gekom het om hulle
sielshonger te stil. Hulle moes vertel wat hulle geleer het van die
wonderbare dinge van God. Niks moes verlore gaan nie. Nie een
woord wat te doen het met hulle ewige saligheid moes nutteloos op
die grond val nie.