Page 334 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

330
DIE KONING VAN DIE EEUE
n kans gee om te rus, en Hy het hulle beveel om te sit. Daar was
baie gras op die plek, en almal kon op hulle gemak rus.
Christus het nooit ’n wonderwerk gedoen tensy dit was om in
n ware behoefte te voorsien nie, en elke wonderwerk was van so ’n
aard dat dit die mense na die Boom van die lewe gelei het, die blare
waarvan vir die genesing van die volke was. Die eenvoudige voedsel,
rondge- gee deur die hande van die dissipels, het ’n hele skat van
lesse bevat. Dit was eenvoudige voedsel wat voorsien is; die vis en
die garsbrode was die daelikse voedsel van die visserbevolking in
die omtrek van die Meer van Galilea. Christus kon voor die mense
n ryk ete gesit het, maar voedsel wat berei is om slegs die aptyt te
bevredig, sou geen les ten gcede vir hulle bevat het nie. In hierdie
les het Christus hulie geleer dat die natuurlike voorsiening van God
vir die mens verdraai is. Nog nooit het mense ’n heerliker fees wat
vir die bevrediging van ’n verdorwe aptyt berei is, meer geniet as
wat hierdie mense die rus, en die eenvoudige voedsel geniet het wat
Christus vir hulle berei het ver weg van hulle wonings nie.
As mense vandag eenvoudig sou wees in hulle gewoontes, en in
harmonie sou lewe met die natuurwette soos Adam en Eva in die
begin, sou daar oorvloed wees vir al die behoeftes van die mens-
like geslag. Daar sou minder vermeende behoeftes wees, en meer
geleentheid om in Gods weë te werk. Maar selfsug en die botviering
van ’n onnatuur- like aptyt het sonde en eilende in die wêreld ge-
bring, aan die een- kant weens oorvloed, en aan die anderkant weens
gebrek.
Jesus was nie daarop uit om die mense tot Hom te trek deur
hulle singenot te bevredig nie. Vir daardie groot skare, moeg en
honger ná ’n lang dag van opwinding, was die eenvoudige voedsel
n ver- sekering nie alleen van Sy mag nie, maar ook van Sy sorg vir
hulle in die gewone dinge van die lewe. Die Heiland het nie aan Sy
navolgers die weelde van hierdie wêreld belowe nie; hulle voedsel
[373]
mag eenvoudig wees, en min; hulle mag in armoede verkeer; maar
Sy Woord is gegee dat in hulle behoeftes voorsien moet word, en Hy
het ook iets belowe baie beter as aardse goed, naamlik die blywende
vertroosting van Sy eie teenwoordigheid.
Toe Hy die vyfduisend gevoed het, het Jesus die sluier gelig van
die wêreld van die natuur, en die krag geopenbaar wat gedurig in
werking is vir ons voordeel. In die oeste van die wêreld doen God