“
Gee Julle vir Hulle Iets om t e Eet”
329
dag was vir hulle soos hemel op aarde, en hulle het nooit daaraan
geaink hoe lank dit was dat hulle laas geëet het nie.
Eindelik het dit begin laat word. Die son het begin sak in die
weste, maar nog het die mense vertoef. Jesus het die hele dag gewerk
sonder kos of rus. Hy was bleek van afgematheid en honger, en die
dissipels het Hom gesmeek om Sy werk te staak. Maar Hy kon Hom
nie onttrek aan die skare wat om Hom saamgedring het nie.
Eindelik het die dissipels na Hom gekom en by Hom aangedring
dat Hy die mense vir hulle eie ontwil moes wegstuur. Baie van hulle
het ver gekom, en sedert die oggend niks geëet nie. In die omliggende
dorpies mag dit hulle geluk om voedsel te koop. Maar Jesus het gesê,
“
Gee julle vir hulle iets om te eet,” en toe het Hy Hom na Filippus
gewend en gevra, “Waarvandaan sal ons brood koop, sodat hierdie
mense kan eet?” Hy het dit gesê om die geloof van hierdie dissipel te
toets. Filippus het oor die see van mense voor hom gekyk en gedink
hoe onmoontlik dit sal wees om genoeg voedsel te voorsien om so ’n
groot skare te voed. Hy het geantwoord dat tweehonderd pennings
se brood nie genoeg sou wees om onder hulle uit te deel sodat elkeen
’
n stukkie kry nie. Jesus het toe gevra hoeveel voedsel daar onder
die mense self was. Andreas het geantwoord: “Hier is ’n seuntjie
wat vyf garsbrode en twee vissies het, maar wat is dit vir so baie
mense?” Jesus het gevra dat dit na Hom toe gebring moes word. Toe
het Hy die dissipels beveel om die mense op die gras te laat sit in
groepe van vyftig of ’n honderd, om alles ordelik te laat toegaan en
sodat alma l kon sien wat Hy sou doen. Toe alles gereed was, het
[371]
Jesus die voedsel geneem, en “nadat Hy opgekyk het na die hemel,
seën Hy dit en breek dit en gee dit aan die dissipels om dit aan die
skare voor te sit.” “En hulle het geëet en is almal versadig, en van
wat vir hulle van die stukke oorgebly het, is daar twaalf mandjies
vol opgetel.”
[372]
Hy wat die mense die weg geleer het hoe om vrede en geluk
te verkry, was net so begaan oor hulle tydelike benodighede as
hulle geestelike behoeftes. Die rnense was moeg en swak. Daar
was moeders met babas, en klein kindertjies wat aan hulle rokke
vasgehou het. Baie van hulle het vir ure gestaan. Hulle was so
belangstellend in Christus se woorde dat hulle nooit eenmaal daaraan
gedink het om ’n bietjie te sit nie, en die gedrang van die skare was
so groot dat daar gevaar was om mekaar te vertrap. Jesus sou hulle