Page 332 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Gee Julle vir Hulle Iets om t e Eet”
C HRISTUS en Sy dissipels het hulle na ’n verlate plek terug-
getrek,maar hierdie aangename tydjie van stilte en vrede is gou
verbreek.Die dissipels het gemeen dat hulle na ’n plek gegaan het
waar hulle nie verstoor sou word nie; maar sodra die skare gemerk
het dat die goddelike Leraar nie daar was nie, het hulle begin vra:
Waar is Hy?” Sommige van hulle het gesien in watter rigting Chris-
tus en Sy dissipels gegaan het. Vele het oor land gegaan om weer by
hulle te kom, terwyl ander met hulle skuite agterna is oor die water.
Die Paasfees was naby, en van heinde en ver het groepe pelgrims wat
op weg was na Jerusalem, saamgedrom om Jesus te sien. Hulle getal
het aangegroei totdat daar sowat vyfduisend mans was, behalwe
vroue en kinders.Voordat Christus die strand bereik het, het daar
reeds ’n skare vir Hom gewag. Maar Hy het aan wal gestap sonder
dat hulle Hom gesien het, en het ’n rukkie saam met Sy dissipels
deurgebring.
Van die berghelling af het Hy die malende skare gesien, en daar
het groot medelyde met hulle in Sy hart ontstaan. Verstoor soos Hy
was, en beroof van Sy rus, was Hy nogtans nie ongeduldig nie. Toe
Hy die mense so gadeslaan wat nog steeds aangekom het, het Hy
[370]
gesien dat daar ’n groot behoefte was waarin Hy sou moes voorsien.
Hy het vir hulle innig jammer gevoel, omdat hulle soos skape was
sonder wagter.” Hy het Sy skuilplek verlaat en ’n geskikte plek
gesoek waar Hy hulle kon bedien. Hulle het geen hulp gekry van
die priesters en owerstes nie; maar die genesende stroom het van
Christus gevloei waar Hy die skare die weg van die saligheid geleer
het.
Die mense het geluister na die woorde van genade wat so vry
gevloei het van die lippe van die Seun van God. Hulle het die woorde
van barmhartigheid gehoor, so eenvoudig en so duidelik dat dit soos
die balsem van Gilead was vir hulle siele. Die genesing van Sy
god- delike hand het blydskap en lewe gebring tot die sterwendes,
en ge- sondheid en gemak tot diegene wat aan kwale gely het. Die
328