326
DIE KONING VAN DIE EEUE
kaar gekom om te luister en deur Hom van hulle siektes genees te
word. Maar Hy het Hom in verlate plekke teruggetrek en gebid.”
“
En Hy het in daardie dae uitgegaan na die berg om te bid en het die
nag in die gebed tot God deurgebring.” Markus 1: 35; Lukas 5: 15,
16; 6: 12.
In ’n lewe heeltemal gewy aan die welsyn van ander, het die
Heiland dit nodig gevind om Hom te onttrek aan die gedrang van die
hoofverkeersweë, en aan die skare wat Hom dag na dag gevolg het.
Hy het nodig gehad om Hom te onttrek aan ’n lewe van onafgebroke
aktiwiteit en kontak met menslike behoeftes, sodat Hy afgesonderd
kon wees, en onverstoorde gemeenskap met Sy Vader kon hê. As
iemand wat een met ons was, wat gedeel het in ons behoeftes en
swakhede, was Hy heeltemal afhanklik van God, en in die binneka-
mer van gebed het Hy goddelike krag gesoek sodat Hy kon uitgaan,
versterk vir werk en beproewings. In ’n wêreld van sonde moes Jesus
’
n groot sielstryd voer. In gemeenskap met God kon Hy die laste wat
Hom so swaar gedruk het voor Hom lê. Daar sou Hy vertroosting en
vreugde vind.
In Christus het die roepstem van die mensheid die Vader van
oneindige ontferming bereik. As mens het Hy tot die troon van God
gebid totdat Sy mensheid gelaai was met ’n hemelse stroom wat die
mensheid met die godheid sou verbind. Deur gedurige gemeenskap
het Hy lewe van God ontvang, sodat Hy lewe aan die wêreld kon
meedeel. Sy ondervinding moet ook ons s’n wees.
[368]
“
Kom julle self apart;” sê Hy aan ons. As ons Sy woord maar
wou gehoorsaam, sou ons baie sterker en meei bruikbaar wees. Die
dissipels het na Jesus gekom en Hom alle dinge vertel, en Hy het
hulle bemoedig en onderrig. As ons vandag tyd sou neem om na
Jesus te gaan en Hom van al ons behoeftes te vertel, sou ons nie
teleur- gestel wees nie; Hy sal aan ons regterhand wees om ons te
help. Ons het meer eenvoud nodig, en ons moet groter vertroue in
ons Heiland hê. Hy wat genoem word “Sterke God, Ewige Vader,
Vredevors; Hy van wie daar geskryf is, “Die heerskappy is op Sy
skouer;” Hy is die wonderbare Raadsman. Ons word genooi om van
Hom wysheid te vra. Hy sal “vir almal eenvoudig gee sonder om te
verwyt.” Jes. 9: 5; Jak. 1: 5.
In almal wat onder leiding van God staan, sal ’n lewe geopen-
baar word wat nie in harmonie met die wêreld en sy gewoontes en