Kom Rus ’n Bietjie
325
om onafgebroke te werk nie, maar Hy het gesê, “Bid dan die Here
van die oes, dat Hy arbeiders in Sy oes mag uitstuur.” Matt. 9: 38
God het aan elke mens sy werk gegee, volgens sy bekwaamheid
(
Efe. 4: 11- 13), en Hy sou nie toelaat dat sommige swaar laste dra
terwyl ander niks doen en geen verantwoordelikhede het nie.
Christus se woorde van ontferming is gegee ook vir Sy werkers
vandag, net so gewis as aan Sy dissipels vanouds. “Kom julle self
apart . . . en rus ’n bietjie,” sê Hy aan almal wat moeg en afgemat is.
Dit is nie verstandig om altyd te swoeg en in spanning te verkeer nie,
en dit geld ook vir diegene wat geestelike werk doen; want sonder
rus word die persoonlike geestelike lewe verwaarloos en die kragte
van liggaam, verstand, en gees word ooreis. Selfverloëning word
vereis in die dissipels van Christus, en hulle moet gewillig wees om
opoffe- rings te maak, maar hulle moet hulleself nie ooreis sodat die
Satan miskien voordeel kan trek uit hulle swakheid, en die werk van
God belemmer word nie.
Volgens die mening van die rabbi’s het die som van die godsdiens
in groot doenigheid en bedrywigheid bestaan. Om hulle groot vroom-
heid te toon, moes daar die een of ander uiterlike werk wees. So het
hulle hulle siele van God afgeskei, en het hulle in selfvoldaanheid
berus. Dieselfde gevare bestaan vandag nog. Namate bedrywigheid
toeneem en mense sukses behaal in die een of ander werk vir God,
loop hulle gevaar om te vertrou op menslike planne en metodes.
Daar is ’n neiging om minder te bid en minder geloof te hê. Soos
die dissipels loop ons gevaar om ons afhanklikheid van God uit die
oog te verloor. en ons bedrywigheid ons verlosser te maak. Ons oë
[367]
moet gedurig op Jesus wees met die besef dat dit Sy krag is wat
die werk doen. Hoewel ons baie ernstig moet werk vir die redding
van sondaars, moet ons ook tyd neem vir oorpeinsing, gebed, en
die studie van Gods Woord. Alleen die werk wat verrig is met veel
gebed en geheilig is deur die Verdienstes van Christus, sal op die ou
end die beste resultate lewer.
Geen ander lewe was so vol werk en verantwoordelikheid as die
van Jesus nie; en tog, hoe dikwels het Hy gebid! Hoe onafgebroke
was Sy gemeenskap met God! Keer op keer in die geskiedenis van
Sy aardse lewe vind ons aantekeninge soos hierdie: “En vroeg in die
more, nog diep in die nag, het Hy opgestaan en uitgegaan en na ’n
eensame plek vertrek en daar gebid.” “En groot menigtes het byme-