324
DIE KONING VAN DIE EEUE
van Sy lyde was nie meer ver nie, en Hy het verlang om vir ’n tydjie
afgesonder te wees van die gedrang van die skare.
Met droewige harte het die dissipels van Johannes sy verminkte
lig- gaam weggeneem om te begrawe. Toe het hulle “gegaan en dit
aan Jesus vertel.” Hierdie dissipels was eers jaloers op Christus toe
dit geskyn het dat Hy die mense van Johannes afgetrek het. Hulle het
gemene saak gemaak met die Fariseërs toe hulle Hom beskuldig het
dat Hy met die tollenaars saam geëet het by Mattheus se feesmaal.
Hulle het Sy goddelike sending betwyfel omdat Hy nie die Doper
uit die gevangenis verlos het nie. Maar nou dat hulle leraar dood
was, en hulle na vertroosting verlang het in hulle groot droefheid, en
om leiding in hulle toekomstige werk, het hulle na Jesus gekom en
by Hom aangesluit. Ook hulle het behoefte gehad aan ’n stil tydjie
vir gemeen- skap met die Heiland.
Naby Betsaida, aan die noordelike end van die meer, was daar
’
n verlate plek, mooi groen omdat dit lente was, wat ’n welkome
rus- plek sou wees vir Jesus en Sy dissipels. Hulle het na daardie
plek vertrek, en het die meer oorgesteek in ’n skuit. Hier sou hulle
weg wees van die hoofweë van die verkeer en die rumoer van die
stede. Die natuurtonele was op sigself ’n bron van rus, strelend
vir die gemoed. Hier sou hulle na die woorde van Christus luister,
sonder die steuring van twis, en die tussenwerpsels en beskuldigings
van die skrifgeleerdes en Fariseërs. Hier kon hulle ’n kort tydjie
onderlinge gemeenskap geniet in die geselskap van hulle Here.Die
rus wat Christus en Sy dissipels geneem het, was nie sommer ’n
luilekker rus nie. Die tyd wat hulle daar in afsondering deurgebring
het, is nie aan plesier bestee nie. Hulle het gesels oor die werk van
[366]
God, en die moontlikheid om dit op doeltreffender wyse te doen. Die
dissipels het saam met Christus gewerk, en hulle kon Hom verstaan;
dit was nie nodig om tot hulle in gelykenisse te spreek nie. Hy het
hulle op hulle foute gewys, en die regte manier om mense te nader
aan hulle verduidelik. Hy het in groter besonderhede die kosbare
skatte van die goddelike waarheid geopenbaar. Hulle is versterk deur
goddelike krag, en besiel met hoop en moed.
Hoewel Jesus wonderwerke kon doen en ook aan Sy dissipels
krag gegee het om wonders te verrig, het Hy Sy afgematte dienaars
beveel om na ’n stil plekkie te gaan om te rus. Toe Hy gesê het dat
die oes groot is, en die arbeiders min, het Hy nie die dissipels beveel