Kom Rus ’n Bietjie
323
het baie aanmoediging gekry in hulle werk, want Christus het hulle
nie uitgestuur sonder Sy Gees nie; deur geloof in Hom het hulle baie
wonderwerke verrig, maar nou het hulle weer behoefte gehad aan
die Brood van die Lewe. Hulle het behoefte gehad aan afsondering
waar hulle gemeenskap met Jesus kon hê, en waar hulle onderrig
kon ontvang vir hulle toekomstige werk.
“
En Hy sê vir hulle: Kom julle self apart na ’n verlate plek en rus
’
n bietjie.” Christus is vol tederheid en ontferming vir almal in Sy
diens. Hy wou aan Sy dissipels toon dat God barmhartigheid wil hê
en nie offerandes nie. Hulle hele siel was in die werk vir die mense,
en dit het hulle liggaamlike en verstandelike kragte uitgeput. Dit
was hulle plig om te rus.
Waar die dissipels die sukses van hulle werk gesien het, was daar
gevaar dat hulle self alle krediet daarvoor sou neem, geestelik trots
sou voel, en so die prooi van die Satan se versoekings sou word.
Daar was ’n groot werk voor hulle, en eerste van alles moes hulle
leer dat hulle sterkte nie in hulleself is nie, maar in God. Soos Moses
in die woestyn van Sinai, soos Dawid in die berge van Judea, of
soos Elia by die spruit Krit, het die dissipels behoefte gehad aan
afsondering van die tonele van hulle besige lewe, om met Christus
te gesels en gemeenskap te hê met die natuur en met hulle eie harte.
Terwyl die dissipels weg was op hulle sendingtoer, het Jesus
ander dorpe en stede besoek en die evangelie van die koninkryk
verkondig. Dit was in hierdie tyd dat Hy berig ontvang het van
die Doper se dood. Hierdie gebeurtenis het Hom baie duidelik laat
besef tot watter smartvolle einde Sy voetstappe Hom sou lei. Donker
skaduwees het swart op Sy pad begin val. Priesters en rabbi’s het
[365]
hulle kans afgewag om Hom te dood, spioene het Hom gedurig
agtervolg, en aan alle kante is daar planne gesmee om Sy ondergang
te bewerk. Berigte van die prediking van die apostels in Galilea
het Herodes bereik, en dit het sy aandag gevestig op Jesus en Sy
werk. Hy het gesê, “Johannes wat ek onthoof het, dit is hy; hy het
uit die dode opgestaan,” en hy het die begeerte uitgespreek om Jesus
te sien. Herodes het gedurig gevrees dat daar ’n geheime opstand
sou plaasvind om hom te onttroon en die Romeinse juk van die
Joodse volk af te werp. Onder die volk het daar ’n sterk gees van
ontevredenheid en opstand geheers. Dit was duidelik dat Christus se
openbare werk in Galilea nie lank meer kon aanhou nie. Die tonele