Page 326 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Kom Rus ’n Bietjie
TERUG van hulle sendingtoer, het die apostels “vergader by
Jesus en Hom alles vertel wat hulle gedoen sowel as wat hulle geleer
het. En Hy sê vir hulle: Kom julle self apart na ’n verlate plek en rus
n bietjie. Want daar was baie wat kom en gaan, en hulle het selfs
geen geskikte tyd gehad om te eet nie.”
Die dissipels het na Jesus gekom en Hom alles vertel. Hulle noue
omgang met Hom het hulle aangemoedig om al hulle ervarings aan
Hom te vertel, of dit gunstig of ongunstig was; hulle het vertel van
hulle vreugde toe hulle die resultate van hulle werk sien, en van hulle
droefheid oor hulle mislukkings, hulle foute, en hulle swakhede.
Hulle het foute begaan in hulle eerste poging as evangeliste, en waar
hulle Christus openlik vertel het van hulle ondervindings, het Hy
gesien dat hulle baie onderrig nodig gehad het. Ook het Hy gesien
dat hulle baie afgemat was deur hulle werk en dat hulle rus nodig
gehad het.
Maar waar hulle toe was, kon hulle nie privaat wees nie, “want
daar was baie wat kom en gaan, en hulle het selfs geen geskikte tyd
om te eet nie. Die mense het om Christus saamgedrom, gretig om
genees te word en Sy woorde te hoor. Vele het hulle aangetrokke
tot Hom gevoel; want vir hulle was Hy die bron van alle seëninge.”
Baie van diegene wat destyds rondom Christus vergader het om die
[364]
kosbare seën van genesing te verkry, het Hom aangeneem as hulle
Verlosser. Nog baie ander wat toe uit vrees vir die Fariseërs bang
was om Hom te bely, het tot bekering gekom tydens die uitstorting
van die Heilige Gees, en hulle het voor die verwoede priesters en
owerstes Hom aangeneem as die Seun van God.
Christus het nou na ’n eensame plekkie verlang, sodat Hy by
Sy dissipels kon wees, want Hy het veel gehad om aan hulle te sê.
In hulle werk het hulle die toets van die stryd deurgemaak en hulle
het teenstand gekry in verskillende vorms. Tot daardie tyd het hulle
Christus in alles geraadpleeg, en toe vir ’n rukkie was hulle alleen,
en daar was tye dat hulle nie geweet het hoe om te handel nie. Hulle
322