Die Eerste Evangeliste
319
afskuwe- lik is om hulle hemelse Vader te nader, en dat hulle Sy
ontferming verbeur het. Die Here verstaan dit alles. Jesus het Sy
dissipels verseker van Gods medelyde met hulle in hulle behoeftes
en swakhede. Elke versugting en pyn en droefheid word gevoel in
die Vader se hart.
Die Bybel toon ons ’n God wat woon in die hoë en heilige plek,
nie ledig en stil en alleen nie, maar omring van tienduisendmaal tien-
duisend en duisende en duisende heilige wesens, almal gretig om
Sy wil te doen. Deur kanale wat ons nie kan sien nie is Hy in daad-
werklike verbinding met elke deel van Sy groot heelal. Maar dit is
in hierdie nietige ou wêreldjie, in die siele waarvoor Sy eniggebore
Seun gesterf het, waar Sy belangstelling en die belangstelling van
die ganse hemel gekonsentreer is. God buig neer op Sy troon om die
geroep te hoor van die ellendiges. Op elke opregte gebed antwoord
Hy, “Hier is Ek.” Hy hef die lydendes en ellendiges op. In al ons
benoudhede is Hy benoud. In elke versoeking en beproewing is die
engel van Sy aangesig naby om ons uit te red.
Selfs nie ’n mossie val op die grond sonder dat die Vader dit
weet nie. Die Satan se haat van God beweeg hom om elke voorwerp
van die Heiland se sorg te haat. Hy strewe om die handewerk van
God te skend, en hy skep behae daarin om selfs stomme diere te
vernietig. Dit is deur Gods beskermende genade dat die voëltjies
bewaar word om ons bly te maak met hulle sang. Maar Hy vergeet
[361]
selfs nie die mossies nie. “Moet dan nie bang wees nie: julle is meer
werd as baie mossies.”
Jesus het voortgegaan: Soos julle My bely voor die mense, so sal
Ek julle bely voor God en die heilige engele. Julle is My getuies op
die aarde, kanale waarlangs My genade kan vloei vir die genesing
van die wêreld. So sal Ek julle verteenwoordiger in die hemel wees.
Die Vader sien nie julle karakter vol gebreke nie, maar Hy sien julle,
beklee met My volmaaktheid. Ek is die kanaal waardeur die seë-
ninge van die Hemel tot julle sal kom. En elkeen wat My bely deur
deel te hê aan My opoffering vir die wat verlore is, sal Ek bely om
te deel in die heerlikheid en vreugde van die verlostes.
Diegene wat Christus bely, moet Christus wonende in hulle hê.
Niemand kan meedeel wat hy nie ontvang het nie. Die dissipels
mag baie welsprekend wees oor die leerstellings, en hulle mag die
woorde van Christus kan herhaal; maar as hulle nie Christelike