Page 324 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

320
DIE KONING VAN DIE EEUE
sagmoedigheid en liefde het nie, dan bely hulle Hom nie. n Gees
wat teenstrydig is met die gees van Christus sal Hom verloën, wat
die belydenis ook mag wees. Mense kan Christus verloën deur
kwaadpratery, ydelheid, en woorde wat onwaar en onvriendelik is.
Hulle mag Hom verloën deur die laste van die lewe te vermy en deur
sondige plesier na te jaag. Hulle mag Hom verloën deur gelykvormig
te word aan die wêreld, deur onhoflikheid, deur liefde vir hulle eie
opinies, deur eiegeregtigheid, deur twyfel, deur moeilikheid te soek,
en deur in die duisternis te woon. Op al hierdie maniere kan hulle
verklaar dat Christus nie in hulle woon nie. En “elkeen wat My
verloën voor die mense,” sê Hy, “hom sal Ek ook verloën voor My
Vader wat in die hemele is”
Die Heiland het aan Sy dissipels gesê om nie te hoop dat die
wêreld se vyandskap teen die evangelie oorwin sou word en dat
alle teenstand na n tyd sou ophou nie. Hy het gesê, “Ek het nie
gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.” Hierdie skepping
van onenigheid is nie die uitwerking van die evangelie nie, maar die
gevolg van teenstand daarteen. Van alle vervolging is onenigheid tuis
die swaarste om te verduur, die vervreemding van die dierbaarste
aardse vriende. Maar Jesus verklaar, “Wie vader of moeder bo My
liefhet, is My nie werd nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is
My nie werd nie. En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is
My nie werd nie.”
[362]
Die werk van Christus se dienaars is ’n hoë eer en ’n heilige
pand. ,.Wie julle ontvang,” het Hy gesê, “ontvang My; en wie My
ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.” Geen betoning van
vriendelikheid teenoor hulle in Sy Naam sal onbeloon bly nie. Selfs
die swakste en geringste van die gesin van God sal dieselfde erken-
ning kry. “Elkeen wat een van hierdie kleintjies”— diegene wat nog
kinders in hulle geloof en kennis van Christus is —“net ’n beker
koue water laat drink in die naam van ’n dissipel, voorwaar Ek sê
vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.”
So het die Heiland Sy onderrig afgesluit. In die Naam van Chris-
tus het die gekose twaalf uitgegaan, soos Hy gegaan het, “om die
evangelie aan die armes te bring ... om die wat verbryseld van hart is,
te genees; om aan gevangene vrylating te verkondig en aan blindes
die herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur;