318
DIE KONING VAN DIE EEUE
Hy na Kapernaum gegaan, en daar was die mense verwonderd oor
Sy leer, “want Sy woord was met gesag.” Lukas 4: 32. Sy dienaars
moet dus nie ontmoedig word deur vervolging nie, maar hulle moet
’
n plek soek waar hulle nog kan werk vir die redding van siele.
Die dienskneg is nie bo sy meester nie. Die Vors van die hemel
word genoem Beëlsebul, en Sy dissipels sou op dieselfde manier vals
voorgestel word. Maar wat ook al die gevaar, Christus se navolgers
moet getuig vir hulle beginsels. Hulle moet niks bedek nie. Hulle
kan nie stilbly totdat dit eers veilig is vir hulle om die waarheid
te verkondig nie. Hulle is aangestel as die wagters om mense te
waar- sku van hulle gevaar. Die waarheid van Christus geleer, moet
aan almal meegedeel word, vry en openlik. Jesus het gesê, “Wat Ek
vir julle in die donker sê, vertel dit in die lig; en wat julle in die oor
hoor, verkondig dit op die dakke.”
Jesus self het nooit die vrede verseker deur ’n kompromis nie.
Sy hart het oorgeloop van liefde vir die hele mensdom, maar Hy
het nooit hulle sondes deur die vingers gesien nie. Hy was ’n te
opregte vriend om stil te bly terwyl hulle voortgaan op ’n weg wat
die ondergang van hulle siele sou beteken — siele wat Hy deur Sy
eie bloed losgekoop het. Hy het gewerk sodat die mens getrou kon
wees aan homself, getrou aan sy hoër en ewige belange. Die dienaars
van Christus is geroep om dieselfde werk te doen, en hulle moet
oppas dat hulle nie die waarheid prysgee waar hulle strewe om die
vrede te bewaar nie. Hulle moet die dinge najaag “wat tot vrede en
[360]
onderlinge stigting dien.” (Rom. 14: 19.) Maar ware vrede kan nooit
verkry word deur beginsels te kompromitteer nie. En geen mens kan
getrou wees aan beginsel sonder om teenstand uit te lok nie.
Diegene wat opregte Christene wil wees, sal beveg word deur
die kinders van ongehoorsaamheid. Maar Jesus het aan Sy dissipels
gesê, “Moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die
siel nie kan doodmaak nie.” Diegene wat getrou is aan God hoef
nie te vrees vir die krag van mense of die vyandskap van die Satan
nie. In Christus is die ewige lewe vir hulle verseker. Al wat hulle
hoef te vrees, is dat hulle miskien die waarheid sal opgee en dus die
vertroue sal verraai wat God in hulle gestel het.
Dit is die werk van die Satan om mense se harte te vervul met
twyfel. Hy lei hulle om God te beskou as ’n meedoënlose regter.
Hy versoek hulle tot die sonde en maak hulle dan wys dat hulle te