Die Eerste Evangeliste
317
Die dissipels word nie vervul met die moed en volharding van
die martelaars voordat sulke genade nodig is nie. Dan eers sal die
Heiland se belofte vervul word. Toe Petrus en Johannes getuig het
voor die Sanhedrin, is “hulle as metgeselle van Jesus herken.” Hand.
4: 13.
Van Stefanus staan daar geskryf, “Terwyl almal wat in die
Raad sit, hulle oë stip op hom hou, sien hulle dat sy gesig was soos
die gesig van ’n engel.” Maar “hulle kon die wysheid en die gees
waarmee hy gespreek het, nie weerstaan nie.” Hand. 6:15, 10. En
waar Paulus van sy verhoor skryf in die keiser- like hof, sê hy: “In
my eerste verdediging het niemand my bygestaan nie, maar almal
het my verlaat. . . . Maar die Here het my bygestaan en my krag
gegee, sodat deur my die prediking heeltemal volbring kan word en
al die heidene dit kan hoor; en ek is uit die bek van die leeu verlos.”
2
Tim. 4: 16, 17.
Die dienaars van Christus moes nie ’n toespraak vooraf berei
om te lewer by hulle verhoor nie. Daardie voorbereiding moes hulle
elke dag maak deur die kosbare waarhede van Gods Woord in hulle
harte te bêre, en hulle geloof deur gebed te versterk. Wanneer hulle
verhoor word, sal die Heilige Gees die waarhede wat nodig is in
herinnering bring.
Daelikse ernstige strewe om God te ken, en Jesus Christus wat
Hy gestuur het, sal krag en doeltreffendheid aan die siel gee. Die
kennis wat verkry word deur ’n ywerige ondersoek van die Skrifte
sou in die geheue geflits word op die regte tyd. Maar as iemand
versuim het om bekend te raak met die woorde van Christus, en nie
[359]
’
n proefondervindelike kennis van Sy genade het nie, kan hy nie
ver- wag dat die Heilige Gees Sy woorde in herinnering sal bring
nie. Hulle moet God elke dag dien met ’n onverdeelde liefde, en dan
verder op Hom vertrou.
So verbitterd sou die vyandskap teen die evangelie wees dat dit
alle aardse bande sou veronagsaam. Die dissipels van Christus sou
in die dood verraai word deur hulle eie huisgenote. “Julle sal deur
almal gehaat word terwille van My Naam,” het Hy gesê, “maar wie
volhard tot die einde toe, hy sal gered word.” Markus 13: 13. Maar
Hy het hulle vermaan om nie onnodig vervolging uit te lok nie. Hy
self het dikwels van een arbeidsveld na die ander gegaan om weg
te kom van diegene wat gesoek het om Hom te dood. Toe Hy in
Nasaret verwerp is en Sy eie dorpsgenote Hom wou doodmaak, het