Page 320 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

316
DIE KONING VAN DIE EEUE
Here sal hulle versterk met ’n goddelike krag. Sy Heilige Gees sal
hulle verstand en hart beïnvloed sodat hulle stemme nie ook deur
die getjank van die wolwe sal beïnvloed word nie.
Voortgaande met Sy onderrig van die dissipels het Jesus gesê,
Pas op vir die mense.” Hulle moes nie absolute vertroue stel in
diegene wat God nie ken, en hulle planne nie aan hulle bekendmaak
nie; dit sou die werktuie van die Satan ’n voorsprong gee. Die mens
se planne ry dikwels Gods planne in die wiele. Diegene wat die
tempel van die Here bou, moet bou volgens die plan wat op die berg
gegee is — volgens die goddelike patroon. God word onteer, en die
evangelie word verraai wanneer Sy diensknegte afhanklik is van die
raad van mense wat nie onder die leiding van die Heilige Gees staan
nie. Die wysheid van die wêreld is dwaasheid by God. Diegene wat
daarin vertrou, sal sekerlik dwaal.
Hulle sal julle oorlewer aan regbanke, . . . en ook voor goe-
werneurs en konings sal julle gebring word om My ontwil tot ’n
getuienis vir hulle en die heidene.” Matt. 10: 17, 18. Vervolging sal
die lig versprei. Die diensknegte van Christus sal gebring word voor
die groot manne van die wêreld, wat andersins die evangelie miskien
nooit sal hoor nie. Die waarheid is in ’n verkeerde lig aan hierdie
manne voorgestel. Hulle het geluister na valse voorstellings van
die geloof van Christus se dissipels. Baiemaal is die enigste manier
waarop hulle die ware aard van die geloof kan leer, die getuienis
van diegene wat verhoor word vir hulle geloof. Tydens die verhoor
[358]
word die beskul- digdes ondervra, en moet die regters luister na
hulle getuienis. In tye van nood sal God Sy genade skenk aan Sy
diensknegte. “Dit sal julle,” het Jesus gesê, “in daardie uur gegee
word wat julle moet spreek; want dit is nie julle wat spreek nie,
maar die Gees van julle Vader wat in julle spreek.” Namate die Gees
van God die verstand van Sy diensknegte verlig, sal die waarheid
in sy goddelike krag en heerlikheid voorgestel word. Diegene wat
die waarheid verwerp, sal die dissipels beskuldig en verdruk. Maar
onder lyding, selfs tot die dood, moet die kinders van die Here die
sagmoedigheid van hulle goddelike Voorbeeld openbaar. So sal die
kontras uitstaan tussen die werktuie van die Satan en die verteen-
woordigers van Christus. Die Verlosser sal verhoog word voor die
regeerders en die mense.