Die Eerste Evangeliste
315
self het nie een woord van waarheid agter gehou nie, maar Hy het dit
altyd in liefde gespreek. Hy het die grootste takt aan die dag gelê, en
in Sy omgang met die mense was Hy altyd vriendelik en bedagsaam.
Hy was nooit onbeskof, nooit het Hy onnodig harde woorde gesê, en
nooit het Hy ’n gevoelige siel onnodig seergemaak nie. Hy het nie die
menslike swakhede bestraf nie. Huigelary, ongeloof, en sonde het Hy
sonder vrees veroordeel, maar Hy het Sy meedoënlose bestraffings in
trane gegee. Hy het geween oor Jerusalem, die stad wat Hy liefgehad
het, en wat geweier het om Hom, die Weg en die Waarheid en die
Lewe, aan te neem. Hulle het Hom verwerp, die Verlosser, maar
Hy het hulle met tere ontferming bejeën, en ’n droefheid so groot
dat dit Sy hart gebreck het. Elke siel was kosbaar in Sy oë. Terwyl
Hy Homself altyd met goddelike waardigheid gedra het, het Hy die
grootste barmhartigheid betoon aan elke lid van die gesin van God.
In alle mense het Hy gevalle siele gesien wat Hy gekom het om te
red.
Die diensknegte van Christus moet nie handel volgens die in-
sprake van hulle natuurlike hart nie. Hulle het behoefte aan noue
gemeen- skap met God om te verhoed dat die eie-ek, by aanleiding
weer die oorhand kry en ’n stortvloed van woorde uiter wat onbe-
taamlik is, en wat nie soos dou en sagte reënbuie verwelkte plante sal
verkwik nie. Dit is wat die Satan wil hê dat hulle moet doen; want dit
is sy metodes. Dit is die draak wat toornig is; dit is die gees van die
Satan wat geopenbaar word in woede en beskuldigings. Godsdiens
knegte moet Hom reg verteenwoordig. Hy wil hê dat hulle moet
[357]
handel alleen met die munt van die hemel, naamlik die waarheid wat
Sy eie beeid en opskrif dra. Die krag waardeur hulle die bose moet
oorwin, is die krag van Christus. Die heerlikheid van Christus is
hulle krag. Hulle moet hulle oë vestig op Sy lieflikheid. Dan sal hulle
die evangelie kan verkondig met goddelike takt en sagmoedigheid.
En die gees wat sagmoedig bly by aanleiding sal met meer krag ten
gunste van die waarheid kan getuig as enige argument, al is dit ook
hoe sterk.
Diegene wat in stryd kom met die vyande van die waarheid, kom
te staan, nie net teen mense nie, maar teen die Satan en sy werktuie.
Hulle moet die Heiland se woorde onthou, “Ek stuur julle soos skape
onder wolwe.” Lukas 10: 3. Laat hulle rus in die liefde van God,
en die gees sal kalm bly selfs onder persoonlike beledigings. Die