314
DIE KONING VAN DIE EEUE
of van huis tot huis gaan om onthaal te word nie; maar op elke plek
moes hulle die gasvryheid aanneem van diegene wat waardig was
—
diegene wat hulle net so hartlik sou verwelkom asof dit Christus
self was. Hulle moes die woning binnegaan met die mooi begroeting,
“
Vrede vir hierdie huis!” Lukas 10: 5. Daardie huis sou geseën word
deur hulle gebede, hulle lofliedere, en die studie van die Skrifte met
die huis-genote.
Hierdie dissipels moes die heroute van die waarheid wees om
die weg te berei vir die koms van hulle Meester. Hulle boodskap
was die woord van die ewige lewe, en die lot van die mense sou
bepaal word deur hulle aanname of verwerping daarvan. Om die
mense onder die indruk te bring van die erns van die boodskap, het
Jesus aan Sy dissipels gesê, “En almal wat julle nie ontvang of na
julle luister nie, gaan daarvandaan weg en skud die stof onder julle
voete af tot ’n getuienis teen hulle. Voorwaar Ek sê vir julle, dit sal
vir Sodom en Gomorra verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir
daardie stad.”
Nou het die Heiland se oog die toekoms deurboor; Hy sien die
groter arbeidsvelde waar Sy dissipels, ná Sy dood, vir Hom sou
getuig. Sy profetiese blik sien die ervarings van Sy diensknegte
deur die eeue totdat Hy die tweede maal sou kom. Hy toon aan Sy
navolgers die stryd wat hulle sou voer; Hy openbaar die karakter en
die plan van die stryd. Hy wys hulle op die gevare waarin hulle sou
kom, en die selfverloëning wat nodig sal wees. Hy wil hê dat hulle
die koste moet bereken, sodat hulle nie onverwags deur die vyand
oorval word nie. Hulle stryd sal nie wees tefn vlees en bloed nie,
[356]
maar teen “die ower- hede, teen die magte, teen die wêreldheersers
van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.”
Efe. 6: 12. Hulle sou stry teen bonatuurlike magte, maar aan hulle
is die belofte van bona- tuurlike hulp gegee. Al die wesens van die
hemel is in hierdie leer. En meer as engele is in die geledere. Die
Heilige Gees, die verteen- woordiger van die Here se Leërowerste,
kom persoonlik af om in die stryd te help. Ons swakhede mag baie
wees, en ons sondes en foute groot, maar die genade van God is daar
vir almal wat dit boetvaardig soek. Die krag van die Almagtige is
beskikbaar ten behoewe van diegene wat op God vertrou.
“
Kyk,” het Jesus gesê, “Ek stuur julle soos skape onder wolwe;
wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe.” Christus