Die Eerste Evangeliste
313
hervorm as die swaard of die geregshof. Daardie dinge is nodig om
wetsoortreders die skrik op die lyf te jaag, maar die liefhebbende
sen- deling kan baie meer uitrig. Dikwels verhard ’n persoon sy
hart as hy bestraf word, maar onder die liefde van Christus sal dit
versmelt. Nie alleen kan die sendeling liggaamlike siektes genees
nie, maar hy kan die sondaar lei tot die Groot Geneesheer wat die siel
kan reinig van die melaatsheid van die sonde. Deur Sy diensknegte
wil God hê dat die siekes, die ongelukkiges, die duiwelbesetenes,
Sy stem sal hoor. Deur Sy menslike werktuie wil Hy vir hulle ’n
Trooster wees soos wat hierdie wêreld nie ken nie.
Op hulle eerste sendingtoer moes die dissipels gaan na die “ver-
lore skape van die huis van Israel.” As hulle die evangelie toe sou
verkondig het aan die heidene of Samaritane, sou hulle hulle invloed
by die Jode verloor het. Deur die vooroordeel van die Fariseërs op
te wek, sou hulle in ’n stryd gewikkel raak wat hulle reeds aan die
begin van hulle werk sou ontmoedig het. Selfs die apostels was traag
om te glo dat die evangelie aan alle volke verkondig moes word.
Aleer hulle self hierdie waarheid kon begryp, sou hulle nie gereed
gewees het om vir die heidene te arbei nie. As die Jode die evangelie
sou aanneem, was dit Gods plan om hulle as Sy boodskappers na
die heidene te stuur. Daarom moes hulle eerste die evangelie hoor.
Dwarsdeur Christus se hele arbeidsveld was daar siele wat hulle
behoefte besef het, en wat gehonger en gedors het na die waarheid.
Die tyd het gekom cm die boodskap van Sy liefde aan hierdie smag-
tende harte te verkondig. Na al hierdie mense moes die dissipels
gaan as Sy verteenwoordigers. Die gelowiges sou hulle dus aanneem
[355]
as leraars deur God aangestel, en wanneer die Heiland van hulle
weg- geneem sou word, sou hulle nie sonder leraars wees nie.
Op hierdie eerste toer van die dissipels moes hulle alleen na die
plekke gaan waar Jesus voorheen was, en waar Hy vriende gemaak
het. Hulle voorbereiding vir die reis moes baie eenvoudig wees. Niks
moes toegelaat word om hulle aandag van hulle groot werk af te trek,
of om enigsins teenstand uit te lok om so die deur vir verdere werk
te sluit nie. Hulle moes. nie die kleredrag van die geestelike leraars
aanneem nie, of op ’n wyse aantrek wat hulle sou onderskei van die
nederige boerestand nie. Hulle moes nie in die sinagoges gaan en
die mense byeenroep vir openbare dienste nie; hulle moes van huis
tot huis werk. Hulle moes nie tyd verkwis met onnodige groetery,