Page 316 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

312
DIE KONING VAN DIE EEUE
Jesus het die twaalf tot Hom geroep en hulle twee-twee uitgestuur
in die stede en dorpe. Nie een is alleen uitgestuur nie, maar broeder
het saam met broeder, en vriend saam met vriend gewerk. Op hierdie
wyse kon hulle mekaar bemoedig, hulle kon saam beraadslaag en
bid, en die een se krag het die ander se swakheid aangevul. Op
dieselfde manier het Hy ook later die sewentig uitgestuur. Dit was
die Heiland se doel dat die verkondigers van die evangelie op hierdie
wyse sou saamwerk. In ons tyd sal die werk van die evangelie baie
meer sukses hê as ons ons meer stip by hierdie metode sou bepaal.
Die dissipels se boodskap was dieselfde as die van Johannes die
Doper, en Christus self: “Die koninkryk van die hemele het naby
gekom.” Hulle moes in geen stryery met die mense gewikkel raak of
Jesus van Nasaret die Messias was, of nie; maar in Sy Naam moes
hulle dieselfde werke van barmhartigheid doen as Hy. Hy het hulle
beveel, “Maak siekes gesond, reinig melaatse, wek dooies op, dryf
duiwels uit. Julle het dit verniet gekry, gee dit verniet.”
In Sy bediening het Jesus meer tyd bestee aan die genesing
van siekes as aan prediking. Sy wonderwerke het getuig van die
waarheid van Sy woorde dat Hy gekom het, nie om mense se siele te
verderf nie, maar te red. Die geregtigheid van die Here het voor Hom
uitgegaan, en die heerlikheid van die Here was Sy agterhoede. Waar
Hy ook gegaan het, was die berigte van Sy barmhartigheid Hom
vooruit. Waar Hy gereis het, het die voorwerpe van Sy ontferming
hulle verbly in gesondheid, en hulle nuwe kragte op die proef gestel.
Skares het om hulle saamgedrom om van hulle eie lippe te hoor
van die wonderwerke van die Here. Sy stem was die eerste geluid
wat baie ooit gehoor het; Sy Naam was die eerste woord wat hulle
[354]
ooit geuiter het; Sy gesig was die eerste wat hulle ooit aanskou het.
Waarom sou hulle Jesus dan nie liefhê en Sy lof verkondig nie? Waar
Hy deur die stede en dorpe gegaan het, was Hy soos ’n lewegewende
stroom wat lewe en vreugde versprei net waar Hy gegaan het.
Die navolgers van Christus moet werk soos Hy gewerk het. Ons
moet die hongeriges voed, die naaktes klee, en die siekes vertroos.
Ons moet diegene wat moedeloos is, help, en diegene wat nie meer
hoop het nie, met hoop besiel. Ook in ons geval sal die belofte vervul
word, “Jou geregtigheid sal voor jou uitgaan, die heerlikheid van die
Here jou agterhoede wees.” Jes. 58: 8. Die liefde van Christus, geo-
penbaar in onselfsugtige liefde, sal meer uitrig om die boosdoener te