Page 315 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Eerste Evangeliste
DIE apostels was lede van die gesin van Jesus, en hulle het Hom
vergesel waar Hy te voet gereis het deur Galilea. Hulle het saam
met Hom die swaar verduur wat hulle te beurt geval het. Hulle het
sy toesprake gehoor, hulle het met die Seun van God gewandel en
gepraat, en uit Sy daelikse onderrig het hulle geleer hoe om vir die
opheffing van die mensdom te werk. Waar Jesus die groot skares
bedien wat om Hom vergader het, was Sy dissipels ook teenwoor-
dig, gretig om Sy bevele uit te voer en Sy werk te verlig. Hulle
het die orde onder die mense gehandhaaf, die siekes na die Heiland
gebring, en die gerief van almal bevorder. Hulle was op die uitkyk vir
belangstellende hoorders, het die Skrifte aan hulle verduidelik, en op
verskillende maniere gewerk vir hulle geestelike welsyn. Hulle het
geleer wat hulle van Jesus gehoor het, en elke dag is hulle geestelike
lewe verdiep. Maar hulle moes ook ondervinding opdoen om alleen
te werk. Hulle het behoefte gehad aan nog baie onderrig, baie geduld
en tederheid. Terwyl Hy nou nog by hulle was om hulle op foute te
wys, en om hulle reg te help en van raad te bedien, het die Heiland
hulle uitgestuur as Sy verteenwoordigers.
Terwyl hulle by Hom was, was die dissipels dikwels uit die veld
geslaan deur die leer van die priesters en Fariseërs, maar hulle het
altyd hulle probleme na Jesus gebring. Hy het die waarhede van die
[353]
Skrifte aan hulle verduidelik in teenstelling met die oorlewerings.
Op hierdie wyse het Hy hulle vertroue in Gods Woord versterk, en
het Hy hulle in ’n groot mate bevry van hulle vrees vir die rabbi’s
en hulle verslaafdheid aan die oorlewering. In die opleiding van die
dissipels was die voorbeeld van Christus se lewe baie doelmatiger
as blote onderrig van leerstellings. Toe hulle van Hom geskei is,
het elke uitdrukking, stembuiging, en woord van Hom weer helder
voor die gees gekom. Dikwels, wanneer hulle in botsing gekom het
met vyande van die evangelie, het hulle Sy woorde herhaal, en waar
hulle die uitwerking daarvan op die mense gesien het, het dit hulle
baie blygemaak.
311