310
DIE KONING VAN DIE EEUE
Dit sal tot ons eie voordeel dien as ons elke gawe van God sal
ont- hou, want so sal ons geloof versterk word om meer te vra en
meer en meer te ontvang. Ons sal baie meer bemoedig word deur
die geringste seën wat ons self van God ontvang, as deur al die
[350]
[351]
berigte oor die geloof en ondervindings van ander. Die siel wat
reageer op die genade van God, sal wees soos ’n besproeide tuin. Sy
genesing sal skielik uitspruit, sy lig sal deurbreek soos die daeraad,
en die heerlikheid van die Here sal sy agterhoede wees. (Jes. 58: 8.)
Laat ons dan die goedertierenheid van die Here en Sy oorvloedige
seëninge onthou. Laat ons, soos die volk van Israel, gedenkklippe
oprig en die verhaal op hulle skryf van wat God vir ons gedoen het.
En wanneer ons dink aan die weë waarin Hy ons gelei het in ons
pelgrimstog, laat ons uit harte, versag deur dankbaarheid, uitroep:
“
Wat sal ek die Here vergeld vir al Sy weldade aan my? Ek sal die
beker van verlossing opneem en die Naam van die Here aanroep.
My geloftes sal ek aan die Here betaal in die teenwoordigheid van
Sy ganse volk.” Ps. 116: 12
[352]