Die Aanraking van Geloof
309
slegs ’n opinie, ’n Saligmakende geloof is ’n transaksie waarin
diegene wat Christus aanneem, hulle in Gods verbond laat opneem.
Ware geloof is lewe, n Lewende geloof beteken ’n vermeerdering
[349]
van lewenskrag, n vaste vertroue, waardeur die siel ’n oorwinnende
krag word.
Na die genesing van die vrou wou Jesus hê dat sy die seën moes
erken wat sy ontvang het. Die gawes van die evangelie moet nie
stilletjies ontvang word of in die geheim geniet word nie. So ook
verwag die Here dat ons Sy goedheid sal bely. “Julie is My getuie,
spreek die Here, en ek is God.” Jes. 43: 12.
Die hemel se gekose metode om Christus aan die wêreld te open-
baar, is ons belydenis van Sy getrouheid. Ons moet Sy genade erken
soos verkondig deur Gods heilige manne vanouds; maar wat nog van
groter krag sal wees, is ons getuienis aangaande ons eie ervaring.
Waar ons in onsself die werking van die goddelike krag openbaar,
is ons Gods getuies. Elke indiwidu het ’n lewe wat verskil van alle
ander, en dus ook is hulle lewenservaring heeltemal verskillend. God
wil hê dat ons lof tot Hom gekenmerk sal word deur ons indiwidua-
liteit. Hierdie kosbare getuienis tot lof en eer van Sy genade, as dit
gesteun word deur ’n Christelike lewe, het ’n onweerstaanbare krag
wat werk tot redding van siele.
Toe die tien melaatses tot Jesus gekom het om genesing, het Hy
hulle beveel om hulleself aan die priester te gaan toon. Op weg is
hulle gereinig, maar net een het teruggekom om Hom die heerlikheid
te gee. Die ander het weggegaan, en Hom vergeet wat hulle genees
het. Hoeveel is daar nie vandag wat nog dieselfde doen nie! Die
Here werk gedurig om die mensdom te seën. Hy gee maar steeds Sy
gawes aan hulle. Hy rig siekes weer op uit hulle beddens, Hy verlos
mense uit gevare waarvan hulle onbewus is, Hy beveel hemelse
engele om hulle te bewaar van rampe, om hulle te beskerm teen “die
pes wat in die donker wandel,” en “vir die siekte wat op die middag
verwoes” (Ps. 91: 6); maar dit maak geen indruk op hulle nie. Hy
het die grootste skat van die hemel gegee om hulle te verlos, maar
hulle dink nie aan Sy groot liefde nie. Deur hulle ondankbaarheid
sluit hulle hulle harte teen die genade van God. Soos ’n kaal bos in
die wildernis sien hulle nie as die goeie kom nie, maar hulle bewoon
die dor en brakkerige plekke. (Jer. 17: 6.)