Page 312 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

308
DIE KONING VAN DIE EEUE
die skare, “Wie het My aangeraak?” Die openbaring van verbasing
deur die skare het hierdie vraag beantwoord, Met mense wat aan alle
kante teen Hom stamp, en die gedrang van die skare, was dit ’n baie
[348]
Sonderlinge vraag vir hulle.
Petrus wat maar altyd klaar was om te praat, het gesê, “Meester,
die skare druk en verdring U, en U sê: Wie is dit wat My aangeraak
het.” Jesus antwoord: “Iemand het My aangeraak, want Ek het ge-
merk dat krag van My uitgegaan het.” Die Heiland kon die aanraking
van geloof onderskei teenoor die toevallige aanraking met die onver-
skillige skare. Sulke vertroue kon Hy nie laat verbygaan sonder
kom- mentaar nie. Hy sou woorde van troos tot hierdie nederige
vrou spreek wat vir haar ’n lewende bron van vreugde sou wees
woorde wat ’n seën sou wees vir Sy navolgers tot die einde van
tyd.
Jesus het die vrou aangekyk en Hy wou weet wie Hom aangeraak
het. Toe sy sien dat bedekking hopeloos was, het sy bewende na
vore gekom en haarseif aan Sy voete neergewerp. Met trane van
dankbaarheid het sy die verhaal van haar siekte vertel, en hoe sy nou
verlossing gevind het. Met tederheid het Jesus aan haar gesê: “Hou
goeie moed dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede.” Hy het
geen geleentheid gegee vir bygeloof om te sê dat daar geneeskrag in
n blote aanraking van Sy kleed was nie. Die genesing het geskied,
nie deur uiterlike aanraking met Hom nie, maar deur die geloof wat
Sy goddelike krag aangeneem het.
Die verbaasde skare wat so dig om Christus saamgedring het, het
niks van die lewegewende krag gevoel nie. Maar toe die lydende vrou
haar hand uitgesteek het om Hom aan te raak, gelowende dat sy sou
gesond word, het sy die geneeskrag gevoel. So is dit ook met geeste-
like dinge. Om sommer maar net oor die godsdiens te praat, en om
te bid sonder ’n sielshonger en lewende geloof, sal niks help nie. Om
maar net te sê dat ons in Christus glo as die Verlosser van die wêreld,
kan nooit genesing tot die siel bring nie. ’n Saligmakende geloof
is nie slegs ’n blote intellektuele toestemming tot die waarheid nie.
Die persoon wat wag op volkome kennis voordat hy glo, sal nie die
seën van God ontvang nie. Dit is nie genoeg om net omtrent Christus
te glo nie; ons moet in Hom glo. Die enigste soort geloof wat van
waarde is, is die wat Hom aanneem as ’n persoonlike Verlosser; wat
Sy Verdienstes aanneem as ons eie Verdienstes. Vir vele is geloof