Page 311 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Aanraking van Geloof
307
om die huis te verlaat, en net die vader en die moeder van die kind,
en die drie dissipels, Petrus, Jakobus, en Johannes, met Hom geneem
na die kamer.
Jesus het die bed genader en Hy het die kind se hand gevat, en
saggies in haar huistaal gesê, “Dogtertjie, staan op!”
Dadelik het daar ’n siddering deur die bewustelose vorm ge-
gaan. Die hart het weer begin klop. Die lippe het oopgegaan in ’n
glimlag. Die oë het wyd oopgegaan soos iemand wat uit die slaap
wakkerskrik, en die dogtertjie het verbaas die groep by haar aan-
géstaar. Sy het opgestaan, en haar ouers het haar omhels en geween
van vreugde.
Onderweg na die owerste se huis, het Jesus onder die skare ’n
arme vrou ontmoet wat vir twaalf jaar lank gely het aan ’n kwaal
wat haar lewe ’n las gemaak het. Sy het reeds al haar geld spandeer
aan dokters en medisyne, om eindelik te hoor dat sy ongeneeslik
was. Maar haar hoop het weer herlewe toe sy van die genesings van
Christus gehoor het. Sy was seker dat as sy maar net naby Hom kon
kom Hy haar sou genees. In haar swakheid en lyde het sy na die see
gekom waar Hy geleer het; sy het probeer om deur die skare te dring,
maar tevergeefs. Sy het Hom gevolg van die huis van Levi-Mattheus,
maar kon nog nie by Hom kom nie. Sy het begin wanhopig word toe
Hy, waar Hy deur die skare gevleg het, naby die plek kom waar sy
staan.
Haar gulde geleentheid het gekom. Sy was in die teenwoordig-
heid van die Groot Geneesheer! Maar in die verwarring kon sy nie
met Hom praat nie; sy het net vir ’n oomblik Sy gestalte gesien.
Bang dat sy haar enigste kans op genesing sou laat verbygaan, het
sy vorentoe gedruk en vir haarseif gesê, “As ek maar net Sy kleed
[347]
kan aanraak, sal ek gered word.” Toe Hy verbygaan, het sy haar
hand uitgesteek en daarin geslaag om aan die soom van Sy kleed te
raak. Op daardie oomblik het sy geweet dat sy genees is. In daardie
een aanraking was die geloof van haar hele lewe gekonsentreer, en
dadelik het die pyn en die swakheid plek gemaak vir lewenskrag en
volkome ge- sondheid.
Met ’n dankbare hart het sy toe probeer om weg te kom van die
skare af; maar skielik het Jesus stilgestaan, en die mense het saam
met Hom stilgestaan. Hy het Hom omgedraai, rondgekyk, en toe
gevra in ’n stem wat duidelik gehoor kon word bokant die geraas van