Page 310 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Aanraking van Geloof
TERUGGEKOM van Gergesa, aan die westelike kus, het Jesus
n skare gevind wat vir Hom gewag het, en hulle het Hom met blyd-
skap gegroet. Hy het vir ’n tyd aan die kus gebly en geleer en genees,
en toe is Hy na die woning van Levi-Mattheus om die tollenaars by
die feesmaal te ontmoet. Dit is daar waar Jaïrus, die owerste van die
sinagoge, Hom gekry het.
Hierdie ouderling van die Jode het na Jesus gekom in groot
droefheid, hom aan Sy voete neergewerp en uitgeroep, “My dogter-
tjie is op haar uiterste; kom lê die hande op haar, sodat sy gered kan
word, en sy sal lewe.”
Jesus is dadelik saam met die owerste na sy huis. Hoewel die
dissipels so baie van Sy dade van barmhartigheid gesien het, was
hulle nogtans verbaas dat Hy gehoor gegee het aan die versoek van
hierdie hoogmoedige rabbi; maar hulle het hulle Meester vergesel,
en die mense het gevolg, gretig en verwagtend.
Die owerste se huis was nie ver nie, maar Jesus en Sy metgeselle
het stadig voortbeweeg, want die skare het aan alle kante saamge-
dring. Die besorgde vader was ongeduldig oor die vertraging; maar
Jesus, uit jammerte vir die mense, het nou en dan stilgestaan om ’n
lyer te help, of om ’n ongelukkige te vertroos.
[346]
Terwyl hulle nog op pad was, het ’n boodskapper hom deur die
skare gedring met die berig aan Jaïrus dat sy dogtertjie reeds dood
was en dat dit nutteloos sou wees om die Meester verder lastig te
val. Jesus het dit gehoor. “Moenie vrees nie,” het Hy gesê, “glo net,
en sy sal gered word.”
Jaïrus het nader aan die Heiland gekom, en saam is hulle na die
owerste se huis. Die gehuurde roudraers en die fluitspelers was reeds
daar met hulle geraas en geween. Die skare daar, en die lawaai, het
Jesus nie aangestaan nie. Hy het probeer om hulle stil te maak deur
te sê, “Moenie huil nie; sy is nie dood nie, maar slaap.” Hulle was
verontwaardig oor die woorde van hierdie Vreemdeling. Hulle het
die kind sien sterf, en hulle het Hom uitgelag. Hy het almal versoek
306