“
Swyg, Wees Stil”
305
vandag. Dit is om hierdie rede dat geweld en misdaad so oor die
aarde toegeneem het, en sedelike duisternis, soos ’n doodskleed oor
die wonings van mense hang Deur sy listige versoekings lei die
Satan tot erger en nog erger sondes, totdat daar uiteindelik absolute
verdorwenheid en ondergang is. Die enigste beskerming teen sy mag
is die teenwoordigheid van Jesus. Die Satan staan voor mense en
engele geopenbaar as die mens se vyand en verwoester; Christus
as die mens se vriend en verlosser. Sy Gees sal in die mens alles
bewerk wat sy karakter en natuur sal veredel. Dit sal die mens laat
ontwikkel in liggaam, siel, en gees tot heerlikheid van God. “Want
God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag
en liefde en selfbeheersing.” 2 Tim. 1:7. Hy het ons geroep “om die
heerlikheid van onse Here Jesus Christus te verkry,” naamlik die
karakter van Jesus, en om “gelykvormig te wees aan die beeid van
Sy Seun.” 2 Thess. 2: 14; Rom. 8: 29.
En siele wat verlaag is tot werktuie van die Satan, word nog
verander, deur die krag van Christus, tot bodes van geregtigheid, en
gestuur deur die Seun van God om te vertel “watter groot dinge die
Here aan jou gedoen het, en dat Hy jou barmhartig was.”
[345]