Page 308 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

304
DIE KONING VAN DIE EEUE
baie bepaalds hê om te sê aangaande die weg waarin Hy ons gelei
het. Ons kan vertel hoe ons Sy beloftes op die proef gestel en dit
waar bevind het. Ons kan getuig van wat ons ondervind het van die
genade van Christus. Dit is vir hierdie getuienis waarvoor die Here
ons roep, en waaraan die wêreld so ’n groot behoefte het.
Hoewel die mense van Gergesa Jesus nie ontvang het nie, het
Hy hulle nie gelaat in die duisternis wat hulle gekies het nie. Toe
hulle Hom gevra het om weg te gaan, het hulle nog nie Sy woorde
gehoor nie. Hulle het nie geweet wat hulle geweier het nie. Daarom
het Hy weer die lig aan hulle gestuur, en deur manne na wie hulle
sou luister.
Deur die vernietiging van die varke was dit die doel van die Satan
om die mense teen die Heiland te beïnvloed, en om die verkondiging
van die evangelie in daardie deel te belet. Maar juis hierdie voorval
het die hele landstreek wakkergemaak soos niks anders dit sou kon
gedoen het nie, en hulle aandag op Christus gevestig. Hoewel die
Heiland self weggegaan het, het die manne wat Hy genees het, agter-
gebly om te getuig van Sy krag. Hulle wat eers mediums was van die
vors van die duisternis, het kanale vir die lig geword, boodskappers
van die Seun van God. Die mense het met verbasing geluister na die
wonder- baarlike nuus. In daardie hele streek het daar ’n deur vir die
evangelie oopgegaan. Toe Jesus later teruggegaan het na Dekapolis,
het die mense na Hom toe gestroom, en vir drie dae het nie alleen die
inwoners van een dorp nie, maar duisende van die omliggende streke
die bood- skap van verlossing gehoor. Selfs die mag van duiwels is
onder beheer van die Heiland, uit die kwaad is die goed gebore.
[344]
Die ontmoeting met die besetenes van Gergesa het ’n les ingehou
vir die dissipels. Dit het aangetoon tot watter dieptes van verlaging
die Satan die hele mensdom wil bring, en dat Christus gekom het
om hulle uit sy mag te verlos. Daardie arme wesens daar tussen die
grafte, deur duiwels besete en gebonde deur onbeheersde drifte, is ’n
voorstelling van wat van die mensdom sou word as hulle oorgegee
is aan die mag van die Satan. Die Satan se invloed word gedurig
uitgeoefen op mense om hulle verstand te beheers ten kwade en
hulle aan te vuur tot misdaad en geweld. Hy verswak die liggaam,
verduister die verstand, en verlaag die siel. Wanneer mense die
Heiland se uitnodiging verwerp, gee hulle hulle aan die Satan oor.
Talle en talle in huise, in besigheid, en selfs in die kerk, doen dit