“
Swyg, Wees Stil”
303
Maar daardie verloste besetenes het heeltemal anders gevoel.
Hulle wou in die teenwoordigheid van hulle Verlosser wees. In Sy
teenwoordigheid het hulle veilig gevoel teen die duiwels wat hulle
lewe gekwel en hulle manlikheid verwoes het. Toe Jesus in die skuit
wou klim, het hulle dig aan Sy sy gebly, aan Sy voete gekniel en
Hom gesoebat om hulle naby Hom te hou waar hulle na Sy woorde
kon luister. Maar Jesus het hulle beveel om huis toe te gaan en die
groot dinge te vertel wat die Here vir hulle gedoen het.
Hier was n werk vir hulle om te doen — hulle moes na ’n hei-
dense huis gaan en vertel van die seën wat hulle van Jesus ontvang
het. Dit was swaar vir hulle om geskei te wees van die Verlosser.
Hulle sou gewis met groot moeilikhede te kampe hê onder hulle hei-
dense landgenote. En hulle lang verwydering van die samelewing het
hulle skynbaar onbekwaam gemaak vir die werk wat Hy aangedui
het. Maar sodra Jesus hulle gewys het op hulle plig, was hulle gereed
om te gehoorsaam. Nie alleen het hulle hulle eie huisgenote en bure
vertel van Jesus nie, maar hulle het die hele Dekapolis deurgegaan
en orals Sy reddende krag verkondig, en vertel hoe Hy hulle bevry
het van die duiwels. Deur hierdie werk te doen, kon hulle ’n groter
seën ontvang as wat hulle sou gekry het as hulle slegs om hulleself
te bevoordeel by Jesus gebly het. Dit is deur die goeie tyding van
die verlossing te versprei dat ons naby die Heiland gebring word.
Die twee verloste besetenes was die eerste sendelinge wat Chris-
tus gestuur het om die evangelie te verkondig in die streek van
Dekapolis. Hierdie manne was maar vir ’n paar oomblikke bevoor-
reg om die leer van Christus te hoor. Hulle het nie eens een preek
van Sy lippe gehoor nie. Hulle kon die mense nie onderrig soos die
dissipels wat daeliks met Jesus gewandel het nie. Maar hulle het
[343]
persoonlik die ge- tuienis gedra dat Jesus die Messias was. Hulle
kon vertel wat hulle weet, wat hulle self gesien, gehoor, en gevoel
het van die krag van Christus. Dit is wat elkeen kan doen wie se
hart aangeraak is deur die genade van God. Johannes, die geliefde
dissipel, het geskryf: “Wat van die begin af was, wat ons gehoor het,
wat ons met ons oë gesien het, wat ons aanskou het en ons hande
getas het aangaande die Woord van die lewe . . . wat ons gesien en
gehoor het, verkondig ons aan julle.” 1 Joh. 1: 1-3. As getuies vir
Christus moet ons vertel wat ons weet, en wat ons self gesien en
gehoor en gevoel het. As ons Jesus stap vir stap volg, sal ons iets