302
DIE KONING VAN DIE EEUE
verbygegaan het waar hulle geskuil het nie; want hulle het op elke
reisiger met die woede van duiwels afgestorm. Nou was hierdie
manne gekleed en by hulle regte verstand; hulle het aan Sy voete
gesit, na Sy woorde geluister, en die Naam van Hom geloof wat
hulle verlos het. Maar die mense wat hierdie wonderbare toneel
aanskou het, was nie bly nie. Hulle het meer gedink aan die verlies
van die varke as aan die verlossing van hierdie twee gevangenis van
die Satan.
Dit was ’n seën vir die eienaars van die varke dat hierdie verlies
hulle getref het. Hulle was in beslag geneem deur aardse dinge, en
het nie omgegee vir die groot belange van die geestelike lewe nie.
Jesus wou die begogeling van selfsugtige onverskilligheid verbreek,
sodat hulle Sy genade kon aanneem. Maar spyt en verontwaardiging
oor hulle stoflike verlies het hulle oë verblind vir die Heiland se
genade.
Die openbaring van bonatuurlike krag het die bygeloof van die
mense opgewek asook hulle vrees. Die teenwoordigheid van hier-
die Vreemdeling onder hulle mag verdere rampe bring. Hulle het
gevrees vir finansiële ondergang, en hulle was vasbeslote dat hulle
Hom nie daar wou hê nie. Diegene wat die meer saam met Jesus
oorgesteek het, het vertel van alles wat die vorige nag gebeur het,
van hulle gevaar in die storm en hoe die wind en die see stilgemaak
is. Maar hulle woorde het geen uitwerking gehad nie. In vrees het
die mense hulle om Jesus geskaar en Hom gesmeek om weg te gaan
van hulle af, en Hy het dit gedoen deur dadelik weer oor te vaar na
die anderkant toe.
Die mense van Gergesa het voor hulle die lewende bewys gehad
van Christus se krag en genade. Hulle het die manne gesien wat
ver- standelik genees is, maar hulle was so bang dat hulle hulle
[342]
stoflike belange in gevaar sou stel dat hulle Hom wat die vors van
die duisternis voor hulle oë verslaan het, beskou het as ’n indringer,
en hulle het die Gawe van die hemel laat omdraai voor hulle deure.
Ons het nie die geleentheid om ons af te wend van die persoon
van Christus soos daardie Gergeseners nie; maar tog is daar vele
wat weier om Sy Woord te gehoorsaam omdat gehoorsaamheid die
opoffering van aardse belange mag meebring. Omdat hulle bang
is dat Sy teenwoordigheid geldelike verlies vir hulle mag beteken,
verwerp baie Sy genade en verdryf hulle Sy Gees van hulle.