Page 305 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Swyg, Wees Stil”
301
dit het gelyk of alle menslikheid uitgewis is deur die duiwels wat in
hulle was; hulle het meer soos wilde diere gelyk as mense.
Die dissipels en die ander het in vrees gevlug; maar toe hr-t hulle
gemerk dat Jesus nie by hulle was nie, en hulle het omgedraai om te
kyk waar Hy was; Hy het nog gestaan net waar hulle Hom gelaat het.
Hy wat die storm gestil, en wat al tevore die Satan ontmoet en hom
oorwin het, het nie vir hierdie duiwels gevlug nie. Toe die manne,
met knersende tande en skuim aan die mond Hom nader, het Jesus
die hand opgehef waarmee Hy die storm gestil het, en die manne
kon nie verder kom nie. Hulle het rasend maar hulpeloos voor Hom
gestaan.
Met gesag het Hy die onreine geeste gebied om uit hulle uit te
gaan. Sy woorde het tot die verduisterde verstand van die ongeluk-
kige manne deurgedring. Vaag het hulle besef dat daar Iemand naby
hulle was wat hulle kon verlos van die kwellende duiwels. Hulle het
aan die Heiland se voete geval om Hom te aanbid; maar toe hulle
hulle lippe oopmaak om Hom om genade te smeek, het die duiwels
deur hulle gepraat en heftig geskreeu, “Wat het ek met U te doen,
Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek besweer U by God om my
nie te pynig nie.”
Jesus het gevra, “Wat is jou naam?” en die antwoord was, “Legio
is my naam, want ons is baie.” Hulle het die geteisterde manne
gebruik as mediums en Jesus gesmeek om hulle nie die land uit te
stuur nie. Teen die berghelling, nie ver daarvandaan nie, het daar ’n
trop varke gewei. Die duiwels het Jesus gevra om hulle toe te laat
om in die varke te vaar, en Hy het dit gedoen. Dadelik het die varke
[341]
op loop gesit. Hulle het van die krans af gestorm in die meer en het
verdrink.
In die tussentyd het daar ’n wonderbaarlike verandering gekom
oor die besetenes. Lig het in hulle verstand geskyn. Hulle oë het
gefonkel van intelligensie. Hulle gelaat, so lank misvorm deur die
beeld van die Satan, het skielik versag; hulle bebloede hande was stil,
en met blye stemme het die manne God geloof vir hulle verlossing.
Van die krans af het die oppassers van die varke alles gesien wat
gebeur het, en hulle is daar weg om dit bekend te maak aan hulle
werk- gewers en aan al die mense. In vrees en verwondering het
al die mense gekom om Jesus te ontmoet. Die twee besetenes was
die skrik van die hele land. Niemand was veilig wat by die plek