Page 304 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

300
DIE KONING VAN DIE EEUE
Iemand is wat ons kan verlos. Ons vertrou op ons eie krag tot ons
nie meer hoop het nie en ons op die punt staan om te vergaan. Dan
onthou ons Jesus, en as ons Hom aanroep om ons te red, sal ons nie
tevergeefs roep nie. Alhoewel Hy met droefheid ons ongeloof en
selfvertroue mag bestraf, versuim Hy nooit om ons die hulp te gee
wat ons nodig het nie. Of ons op land of op die see is, as ons die
Heiland in ons hart het, hoef ons nie te vrees nie. ’n Lewende geloof
in die Verlosser sal die lewensee kalm maak, en Hy sal ons beskerm
op die pad wat Hy die beste vir ons ag.
Daar is nog ’n ander geestelike les in hierdie wonderwerk toe die
storm stilgemaak is. Elke mens se ervaring getuig van die waarheid
van die Skrifwoord, “Die goddelose mense is soos ’n onstuimige
see; want dit kan nie tot rus kom nie. . . . Geen vrede, sê my God,
vir die goddelose nie!” Jes. 57: 20, 21. Die sonde het ons vrede
vernietig. Terwyl die eie-ek nie onder beheer is nie, kan ons geen rus
vind nie. Geen mens kan die drifte van die hart in toom hou nie. In
hierdie opsig is ons net so hulpeloos soos die dissipels was om die
storm stil te maak. Maar Hy wat die bare op die meer van Galilea tot
be- daring gebring het, spreek die woord van vrede vir elke siel. Hoe
kwaai die storm ook is, sal diegene wat hulle tot Jesus wend met
die geroep, “Here, red ons!” redding vind. Sy genade, wat die siel
met God versoen, bring die menslike drifte tot bedaring, en in Sy
liefde vind die hart rus. “Hy het die storm ’n gesuis gemaak, en hulle
golwe het stil geword. Toe was hulle bly, omdat dit rustig geword
het, en Hy het hulle gelei na die hawe van hulle begeerte.” Ps. 107:
29, 30. “
Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede
by God deur onse Here Jesus Christus.” “En die werking van die
[340]
geregtigheid sal vrede wees, en die voortbrengsel van geregtigheid
rus en veiligheid tot in ewigheid.” Rom. 5:1; Jes. 32: 17.
In die vroeë more het die Heiland en Sy metgeselle by die kus
gekom, en die eerste sonstrale het see en land gekus soos met ’n
seën van vrede. Maar nog skaars was hulle aan wal of hulle het ’n
gesig gesien nog vreesliker as die storm. Uit ’n skuilplek tussen die
grafte het twee besetenes op hulle afgestorm asof hulle hulle wou
verskeur. Hangende aan hierdie manne was nog stukke kettings wat
hulle ge- breek het toe hulle uit die gevangenis ontsnap het. Hulle
vlees was geskeur en bloeiende waar hulle hulleself met skerp klippe
gesny het. Hulle oë het wreed gestaar deur hulle gekoekte hare, en