Page 303 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Swyg, Wees Stil”
299
opgestaan. Terwyl die storm nog woed, staan Hy daar tussen Sy
dissipels, die branders breek oor hulle en die weerlig verlig Sy
aangesig. Hy hef Sy hand op — iets wat Hy dikwels gedoen het in
Sy dade van barmhartigheid, en sê aan die onstuimige see, “Swyg,
wees stil!”
Die storm bedaar. Die bare kom tot rus. Die wolke breek en die
sterre begin te skitter. Die skuit rus op ’n stille see. Toe wend Jesus
Hom tot Sy dissipels en vra droewig, “Waarom is julle so bang? Hoe
het julle dan geen geloof nie?” Markus 4: 40.
n Stilte het onder die dissipels geheers. Selfs Petrus het nie
probeer om uiting te gee aan die heilige vrees wat sy hart vervul
het nie. Die ander skuitjies wat agter Jesus aangevaar het, was in
dieselfde gevaar as die waarin die dissipels verkeer het. Vrees en
wanhoop het die opvarendes oorval, maar die bevel van Jesus het
stilte gebring. Die vreeslike storm het die skuitjies dig bymekaar
gebring, en almal aan boord het die wonderwerk gesien. In die stilte
wat gevolg het, het hulle hulle vrees vergeet. Die mense het onder
mekaar gefluister, “Wat vir ’n mens is Hy, dat selfs die winde en die
meer Hom gehoor- saam is?”
Toe Jesus wakkergemaak is in die storm, was daar volkome vrede
in Sy hart. In Sy blik of woorde was daar geen sweem van vrees nie,
want daar was geen vrees in Sy hart nie. Maar dit was nie omdat
Hy almagtig was nie. Dit was nie as die “Meester van die aarde en
die see en die lug” dat Hy so kalm was nie. Daardie mag het Hy
afgelê, en gesê, “Ek kan uit Myself niks doen nie.” Joh. 5: 30. Hy
het vertrou op die mag van Sy Vader. Dit was in geloof — geloof in
Gods liefde en beskerming — waarin Jesus gerus het, en die mag
van die woorde wat die storm gestil het, was die mag van God.
[339]
Net soos Jesus deur die geloof vertrou het op die Vader se be-
skerming, moet ons ook vertrou op die beskerming van ons Verlosser.
As die dissipels op Hom sou vertrou het, sou hulle in vrede bewaar
gewees het. Hulle vrees in die oomblik van gevaar het hulle ongeloof
geopenbaar. In hulle pogings om hulleself te red, het hulle Jesus
vergeet; en dit was alleen toe hulle hulle wanhopig tot Hom gewend
het dat Hy hulle kon help.
Hoe dikwels begaan ons dieselfde fout as die dissipels! Wanneer
die storms van versoeking saampak en dit blits en die branders oor
ons breek, worstel ons alleen met die storm, en vergeet ons dat daar