Page 302 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

298
DIE KONING VAN DIE EEUE
Eindelik was die Heiland verlos van die gedrang van die skare,
en, doodmoeg en honger, het Hy in die agterstewe van die skuit
gaan lê; Hy was gou aan die slaap. Die aand was vreedsaam en
aangenaam, en die meer was stil; maar skielik het die lug verdonker
en ’n geweldige windstorm het oor die meer begin woed.
Die son was onder en die duisternis het op die onstuimige see
neer- gesak. Die woeste bare, deur die storm aangedryf, het kwaai
oor die dissipels se skuit gebreek en gedreig om dit te verswelg.
Daardie geharde vissers het hulle hele lewe op die meer deurgebring,
en het hulle skuitj ie al deur baie storms gestuur, maar nou was hulle
krag en behendigheid tevergeefs. Hulle was hulpeloos in die greep
van die storm, en hulle het begin moed verloor toe hulle sien dat
hulle skuit vinnig vol water word.
Hard besig met pogings om hulleself te red, het hulle vergeet dat
Jesus aan boord was. Toe hulle nou sien dat hulle pogings tevergeefs
was en die dood hulle in die aangesig staar, het hulle skielik onthou
op wie se bevel hulle begin oorvaar het. In Jesus was hulle enigste
hoop. In hulle hulpeloosheid en wanhoop het hulle uitgeroep, “Mees-
ter, Meester!” maar in die duisternis kon hulle Hom nie sien nie.
Hulle stemme is onhoorbaar gemaak deur die gedreun van die storm,
en daar het geen antwoord gekom nie. Twyfel en vrees het hulle nou
oorval. Het Jesus hulle verlaat? Was Hy wat die oorwinning behaal
het oor siekte, duiwels, en selfs die dood, magteloos om hulle nou te
help? Het Hy hulle in hulle gevaar vergeet?
Weer roep hulle, maar al antwoord was die geloei van die vrees-
like wind. Hulle skuit het reeds begin sink. Nog net een oomblik en
hulle sou wegsink in die bruisende waters.
[338]
Skielik het ’n blits die duisternis deurboor, en sien hulle Jesus
aan die slaap, nie versteur deur die storm nie. Verbaas en wanhopig
het hulle uitgeroep, “Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?”
Hoe kon Hy so rustig slaap terwyl hulle vir hulle lewe worstel met
die dood ?
Hulle geroep het Jesus wakkergemaak. In die lig van die weer-
ligstrale sien hulle die vrede van die hemel op Sy gelaat; in Sy blik
lees hulle onselfsugtige, tere liefde, en hulle harte roep tot Horn,
Here, red ons, ons vergaan!”
Nog nooit het ’n siel tevergeefs geroep nie. Toe die dissipels
hulle roeispane gryp om ’n laaste poging aan te wend, het Jesus