Page 301 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Swyg, Wees Stil”
DITwas ’n baie besige dag in die lewe van Jesus. Langs die See
van Galilea het Hy Sy eerste gelykenisse geleer, en deur bekende
illustrasies het Hy weer aan die mense die aard van Sy koninkryk
ver- duidelik, en die manier waarop dit opgerig sal word. Hy het Sy
eie werk vergelyk met die van ’n saaier; die ontwikkeling van Sy
koninkryk met die groei van ’n mosterdsaad, en die uitwerking van
suurdeeg in meel. Die groot skeiding van regverdiges en onregverdi-
ges aan die einde het Hy toegelig in die gelykenisse van die koring
en die onkruid, en die visnet. Die kosbaarheid van die waarhede
wat Hy geleer het, het Hy vergelyk met die verborge skat, en die
baie kosbare pêrel; en in die gelykenis van die huisheer het Hy Sy
dissipels geleer hoe hulle moes werk as Sy verteenwoordigers.
Die hele dag het Hy geleer en siekes gesondgemaak, en toe dit
aand word, het die mense om Hom saamgedring. Dag na dag het
Hy vir hulle gewerk, en het skaars tyd geneem om te eet en te rus.
Die kwaadwillige kritiek en wanvoorstellings waarmee die Fariseërs
Hom gedurig agtervolg het, het Sy werk meer moeilik en afmattend
gemaak; en nou, aan die einde van die dag was Hy so uitgeput dat
Hy besluit het om Hom te onttrek na ’n eensame plek oorkant die
meer.
Die oostelike kus van Genesaret was nie onbewoon nie, want
hier. en daar was daar dorpies; maar dit was nogtans ’n dorre streek
[337]
ver- geleke met die westekant. Die bevolking was meer heidens as
Joods, en daar was min verbinding met Galilea. Dit het aan Jesus die
afsondering gegee wat Hy gesoek het, en Hy het Sy dissipels gevra
om Hom daarheen te vergesel.
Nadat Hy die skare huis toe gestuur het, het hulle Hom in die
skuit geneem “net soos Hy was” om na die anderkant oor te vaar.
Maar hulle sou nie alleen vertrek nie. Daar was ander skuitjies naby
die kant, en hulle was gou vol mense wat Jesus gevolg het, nog gretig
om Hom te sien en te hoor.
297