Page 300 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

296
DIE KONING VAN DIE EEUE
en met Sy teenwoordigheid versadig word. Alles wat die menslike
natuur kan neem, mag ons reeds in hierdie lewe hê. Maar wat is dit
tog ver- geleke met die hiernamaals? Daar is hulle “voor die troon
van God en dien Hom dag en nag in Sy tempel; en Hy wat op die
troon sit, sal Sy tent oor hulle oopspan. Hulle sal nie meer honger
en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle
val nie; want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle
laat wei en hulle lei na lewende waterfonteine, en God sal alle trane
van hulle oë afvee.” Openb. 7:15-17.
[336]