Page 299 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Uitnodiging
295
en geraas in die wêreld, of in groot bedrywigheid in ons eie krag
nie. Die waarde van ons werk sal wees in verhouding tot die mate
waarmee ons met die Heilige Gees vervul is. Vertroue in God bring
heilige eienskappe in die gemoed, sodat ons in lydsaamheid ons
siele sal bewaar.
Die osse word in die juk gespan om hulle te help om die vrag te
trek — om die las te verlig. So is dit ook met die juk van Christus.
Wanneer ons wil opgeneem is in die wil van God, en ons Sy gawes
gebruik om ander te seën, sal ons die las van die lewe lig vind.
Die persoon wat wandel in die weg van Gods gebooie, wandel met
Christus, en in Sy liefde vind die hart rus. Toe Moses gebid het,
Maak my dan tog U weë bekend, dat ek U kan ken,” het die Here
hom geantwoord, “Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te
verskaf?” En deur die profete is die boodskap gegee, “So spreek die
Here: Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die
goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel.”
Exod. 33: 13, 14; Jer. 6: 16. Verder sê die Here, “Ag, as jy maar
na My gebooie geluister het, dan sou jou vrede gewees het soos ’n
rivier en jou geregtigheid soos die golwe van die see.” Jes. 48: 18.
Diegene wat Christus op Sy woord neem en hulle siele in Sy
be-waring oorgee, en hulle lewens om deur Hom gereël te word,
sal vrede en stilte vind. Niks van die wêreld kan hulle droefgeestig
maak wanneer Jesus hulle met Sy teenwoordigheid blymaak nie.
In volkome oorgawe is daar volkome rus. Die Here sê, “U sal ’n
standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want dit vertrou op
[335]
U.” Jes. 26: 3. Ons lewe mag deurmekaar lyk, maar waar ons onsself
oorgee aan die alwyse Meesterwerker, sal Hy die patroon van lewe en
karakter uit- werk wat tot Sy eie heerlikheid sal strek. En die karakter
wat ’n uitdrukking is van die heerlikheid — die karakter van Christus
sal in die Paradys van God toegelaat word. ’n Herskape geslag
sal met Hom in wit klere wandel, want hülle is waardig.
Namate ons deur Jesus die rus ingaan, sal die hemel vir ons hier
begin. Ons gee gehoor aan Sy uitnodiging: Kom en leer van My, en
deur te kom, begin ons die ewige lewe. Die hemel is ’n onophoude-
like nadering tot God deur Christus. Hoe langer ons in die hemel van
heerlikheid is, hoe meer en meer van die heerlikheid sal ons sien;
en hoe meer ons van God ken, hoe groter sal ons geluk wees. Waar
ons met Jesus wandel in hierdie lewe, mag ons met Sy liefde vervul