294
DIE KONING VAN DIE EEUE
van die wêreld gekies, die probleme daarvan aangeneem, asook die
gewoontes. So is hulle karakter bederf en hulle lewe is ’n las. In
hulle strewe en wêreldse begeertes kwes hulle die gewete en bring
hulle op hulleself die bykomende las van selfverwyt. Die gedurige
kwelling put hulle lewenskragte uit. Die Here wil hê dat hulle hierdie
juk van slawerny moet afgooi; Hy sê, “My juk is sag en My las is
lig.” Hy sê hulle moet eers die koninkryk van God en Sy geregtigheid
soek, en Hy belowe dat alles wat hulle in hierdie lewe nodig het,
vir hulle bygevoeg sal word. Kwelling is blind en kan nie in die
toekoms sien nie; maar Jesus sien die einde van die begin af. In elke
moeilikheid sal Hy die uitweg aanwys. Ons hemelse Vader het ’n
duisend maniere waarvan ons niks weet nie om in ons behoeftes te
voorsien. Diegene wat daardie een beginsel aanneem om die diens
en eer van God eerste te stel, sal vind dat hulle moeilikhede verdwyn
en dat daar ’n effe pad voor hulle voete is.
“
Leer van My,” sê Jesus, “want Ek is sagmoedig en nederig van
hart; en julle sal rus vind vir julle siele.” Ons moet in die skool
van Christus gaan om van Hom sagmoedigheid en nederigheid te
leer. Die verlossing is die proses waardeur die siel opgelei word vir
die hemel. Hierdie opleiding beteken ’n kennis van Christus. Dit
beteken bevryding van idees, gewoontes, en gebruike wat geleer is
in die skool van die vors van die duisternis. Die siel moet verlos
word van alles wat in stryd is met lojaliteit aan God.
In die hart van Christus waar daar volkome harmonie met God
heers, is daar ook volkome vrede. Hy was nooit baie bly oor applous,
[334]
of baie neerslagtig oor bestraffing of teleurstelling nie. In die grootste
teenstand en in die wreedste mishandeling was Hy nog moedig. Maar
vele wat bely dat hulle Sy navolgers is, is gekwel en onrustig omdat
hulle bang is om hulleself aan God toe te vertrou. Hulle gee hulleself
nie volkome aan Hom oor nie; hulle deins terug vir die gevolge wat
sulke oorgawe mag meebring. Tensy hulle hulle oorgee, sal hulle nie
vrede hê nie.
Dit is eie-liefde wat onrus veroorsaak. Wanneer ons van omhoog
gebore is, sal dieselfde gesindheid in ons wees as in Jesus — die
ge- sindheid wat Hom beweeg het om Homself te verneder sodat
ons gered kan word. Dan sal ons nie die hoogste plek soek nie. Ons
sal graag aan die voete van Jesus wil sit om van Hom te leer. Ons
sal verstaan dat die waarde van ons werk nie geleë is in ’n vertoon