Page 297 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Uitnodiging
293
Hy weet waar ons die maklikste sal versoek word, want Hy is in alle
opsigte versoek net soos ons, maar sonder sonde. Hy waak oor jou,
sidderende kind van God. Is u versoek? Hy sal u verlos. Is u swak?
Hy sal krag gee. Is u onkundig? Hy sal u verlig. Is u verwond? Hy
sal genees. Die Here “bepaal die getal van die sterre;” maar nogtans
genees Hy die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde.”
Ps. 147: 4, 3. “Kom na My toe” is Sy uitnodiging. Wat ook u angste
en beproewings mag wees, stel jou saak voor die Here. Hy sal u
gees versterk. Die weg sal vir u oopgaan sodat u u kan loswikkel
uit die moeilikheid. Hoe meer u u hulpeloosheid voel, hoe sterker
sal u word in Sy krag. Hoe swaarder u laste, hoe saliger sal die rus
wees as u dit op die Lasdraer werp. Die rus wat Christus aanbied, is
voor- waardelik, en die voorwaardes word duidelik gestel. Hulle is
so dat almal aan hulle kan voldoen. Hy vertel ons presies hoe ons
Sy rus kan vind.
Neem My juk op julle,” sê Jesus. Die juk is ’n werktuig vir
diens. Osse word ingespan vir diens, en die juk is nodig sodat hulle
doeltreffend kan werk. Deur hierdie illustrasie leer Christus ons dat
ons tot diens geroep is solank as wat ons lewe. Ons moet Sy juk
opneem, sodat ons medewerkers saam met Hom kan wees.
Die juk wat ons tot diens bind, is die wet van God. Die groot
wet van liefde geopenbaar in Eden, afgekondig op Sinai, en in die
nuwe verbond in die hart geskryf, is die wet wat die menslike werker
bind tot die wil van God. As ons alleen gelaat sou word om ons
eie neigings te volg, om te gaan waar ons eie wil ons sou lei, sou
ons in die geledere van die Satan beland en sy eienskappe aanneem.
Daarom beperk God ons tot Sy wil wat hoog, en edel, en verheffend
[333]
is. Hy wil hê dat ons geduldig en verstandig die pligte van diens
moet opneem. In Sy mensheid het Christus self hierdie juk van diens
gedra. Hy het gesê: “Ek het lus, o My God, om U welbehae te doen,
en U wet is binne-in My ingewande.” Ps. 40: 9. “Ek het uit die hemel
neerge- daal, nie om My wil te doen nie, maar die wil van Hom wat
My gestuur het.” Joh. 6: 38. Liefde vir God, ywer vir Sy heerlikheid,
liefde vir sondige mense, het Jesus na die aarde gebring om te ly en
te sterf. Dit was die beheersende krag van Sy lewe. Hy gebied ons
om ook hierdie beginsel te aanvaar.
Daar is vele wat gebuk gaan onder ’n las van sorge omdat hulle
aan die maatstaf van die wêreld wil voldoen. Hulle het die diens