Page 296 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Uitnodiging
KOM na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle
rus gee.”
Hierdie woorde van vertroosting is gespreek tot die skare wat
Jesus gevolg het. Die Heiland het geleer dat mense alleen deur Hom
tot ’n kennis van God kon geraak. Hy het van Sy dissipels gepraat
as diegene aan wie die dinge van die hemel gegee is. Maar Hy het
niemand laat voel dat hulle uitgesluit was van Sy sorg en liefde nie.
Almal wat vermoeid en swaar belas is, mag na Hom toe kom.
Die skrifgeleerdes en rabbi’s, met hulle nougesette nakoming
van godsdienstige vorms, het ’n behoefte gevoel wat rites van boet-
vaardigheid nie kon bevredig nie. Tollenaars en sondaars mag die
skyn gee dat hulle tevrede is met die sinlike en die aardse, maar diep
in hulle harte is daar wantroue en vrees. Jesus het die ellendiges en
vermoeides van hart gesien, diegene wie se hoop verydel was, en
wat deur singenot gesoek het om die verlangens van die siel te stil,
en Hy het hulle almal uitgenooi om rus in Hom te vind.
Met ontferming het Hy aan diegene wat geswoeg het, gesê,
Neem My juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en
nederig van hart; en julle sal rus vind vir julle siele.”
Met hierdie woorde spreek Christus tot elke mens. Of hulle dit
weet of nie, is almal vermoeid en swaar belas. Almal gaan gebuk.
[332]
onder laste wat Christus alleen kan wegneem. Die swaarste las wat
ons dra, is die las van die sonde. As ons alleen gelaat moes gewees
het om hierdie las te dra, sou ons daaronder beswyk. Maar die son-
delose Een het ons plek geneem. “Die Here het die ongeregtigheid
van ons almal op Hom laat neerkom.” Jes. 53: 6. Hy het die las van
ons skuld gedra. Hy sal die drag van ons matte skouers afneem. Hy
sal ons rus gee. Die las van sorge en verdriet sal Hy ook dra. Hy
nooi ons om al ons sorge op Hom te werp, want Hy sal dit dra.
Die oudste broer van ons geslag is op die ewige troon. Hy sien
elke siel aan wat na Hom toe kom as die Verlosser. Uit ondervinding
ken Hy die swakhede van die mensdom; Hy ken ons behoeftes en
292