288
DIE KONING VAN DIE EEUE
“
Die laaste van daardie mens word erger as die eerste. So sal
dit ook wees,” het Jesus gesê, “met hierdie bose geslag.” Daar is
niemand wat so verhard is as diegene wat die uitnodiging van genade
en die Gees van genade versmaai het nie. Die algemeenste sonde
teen die Heilige Gees is die gedurige verwerping van die Hemel se
uitnodiging tot bekering. Elke stap in die verwerping van Christus is
’
n stap in die verwerping van die saligheid, en dit lei tot die sonde
teen die Heilige Gees.
Deur Christus te verwerp het die Joodse volk die onvergeeflike
sonde gepleeg; en deur die uitnodiging tot genade te versmaai, mag
ons dieselfde sonde pleeg. Ons beledig die Vors van die lewe, en
steek Hom in die skande voor die sinagoge van die Satan en voor
die heelal wanneer ons weier om te luister na Sy boodskappers, en
wel luister na afgesante van die Satan wat ons van Christus wil skei.
So- lank as ’n persoon dit doen, het hy geen hoop op vergifnis nie en
sal hy eindelik geen begeerte meer hê om met God versoen te raak
nie.
Terwyl Jesus nog besig was om die mense te leer, het Sy dissipels
Hom verwittig dat Sy moeder en broers buite gewag het om met
Hom te praat. Hy het geweet wat in hulle harte omgaan en Hy het
geantwoord: “Wie is My moeder? en wie is My broers? En Hy steek
Sy hand uit oor Sy dissipels en sê: Daar is My moeder en My broers.
Want elkeen wat die wil doen van My Vader wat in die hemele is,
die is My broer en suster en moeder.”
Almal wat Christus aanneem deur die geloof, word met Hom
verbind deur bande sterker as die van menslike verwantskap. Hulle
sal een met Hom word, net soos Hy een met die Vader is. As ’n
gelowige en dader van Sy woord was Sy moeder, wat die verlossing
betref, nouer met Hom verbind as deur haar natuurlike verwantskap.
Sy broers sou geen baat vind deur hulle verwantskap met Hom tensy
hulle Hom ook in geloof aanneem as hulle persoonlike Verlosser
nie.
[328]
Watter steun sou Christus nie gevind het in Sy aardse familie-
betrekkings as hulle in Hom sou geglo het as die Een van die
hemel gestuur, en as hulle saam met Hom sou gewerk het om Gods
wil te doen nie! Hulle ongeloof het ’n skaduwee gewerp oor die
aardse lewe van Christus. Dit was deel van daardie bitter beker van
droefheid wat Hy vir ons moes drink.