Page 291 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Wie is My Broers?
287
versier. Dan gaan hy en neem sewe ander geeste slegter as hy self
met hom saam, en hulle kom in en woon daar.”
Daar was vele in die tyd van Christus, en vandag nog, by wie
die beheer van die Satan skynbaar vir ’n tyd verbreek is; deur die
genade van God is hulle bevry van die bose geeste wat oor hulle
siel heer- skappy gevoer het. Hulle het hulle verbly in die liefde
van God; maar soos by diegene by wie die saad op rotsagtige grond
geval het, het hulle nie in Sy liefde gebly nie. Hulle het hulle nie
daeliks aan God oorgegee sodat Christus in hulle hart kon woon nie;
en toe die bose gees terugkom met “sewe ander geeste slegter as hy
self, is hulle heeltemal beheers deur die mag van die Bose.”
Wanneer die siel hom aan Christus oorgee, neem ’n nuwe mag
besit van die nuwe hart. Daar word ’n verandering bewerk wat die
persoon nie self kon bewerk nie. Dit is ’n bonatuurlike werk wat n
bonatuurlike element in die menslike natuur bring. Die siel wat aan
Christus oorgegee is, word ’n fort van Hom, wat Hy beset in n op-
standige wêreld, en dis Sy plan dat geen gesag daarin sal erken word
behalwe Sy eie nie. ’n Siel wat so in besit van hemelse kragte is, sal
bestand wees teen al die aanvalle van die Satan. Maar tensy ons ons
oorgee aan die beheer van Christus, sal ons beheers word deur die
Bose. Ons sal onvermydelik onder die beheer wees van die een of
die ander van die twee groot magte wat stry om opperheerskappy in
hierdie wêreld. Dit is nie nodig om regstreeks die koninkryk van die
duisternis te kies om onder sy dominasie te kom nie. ’n Persoon hoef
maar net na te laat om homself te verbind met die koninkryk van
die lig. As ons nie saamwerk met die hemelse werktuie nie, sal die
Satan besit- neem van die hart en dit sy woonplek maak. Die enigste
verdediging teen boosheid is die inwoning van Christus in die hart
deur geloof in Sy geregtigheid. Tensy daar ’n lewende verbintenis
met God is, sal ons nooit die onheilige uitwerking van eie-liefde,
[327]
selfbevrediging, en die versoeking tot die sonde kan weerstaan nie.
Ons mag baie siegte gewoontes laat staan, en vir ’n tyd mag ons
gemeenskap verbreek met die Satan, maar sonder ’n lewende ver-
bintenis met God deur oorgawe aan Hom van oomblik tot oomblik,
sal ons oorwin word. Sonder ’n persoonlike kennis van Christus
en gedurige gemeenskap met Hom, sal ons aan die genade van die
vyand oorgelaat word, en ons sal sy bevele uitvoer tot die einde toe.