286
DIE KONING VAN DIE EEUE
duisternis toe totdat dit nag is in die siel. So het dit gegaan met
daardie Joodse leiers. Hulle was oortuig dat daar ’n goddelike krag
in Christus was, maar om die waarheid te weerstaan, het hulle die
werk van die Heilige Gees aan die Satan toegeskryf. Deur dit te
doen, het hulle moedswillig die bedrog gekies; hulle het hulleself
aan die Satan oorgegee, en daarna is hulle deur sy mag beheers.
In noue verband met Christus se waarskuwing aangaande die
sonde teen die Heilige Gees, staan ook die waarskuwing teen ydele
en sondige woorde. Die woorde is ’n aanwysing van wat in die
hart is. “Uit die oorvloed van die hart praat die mond.” Maar die
woorde is meer as ’n aanduiding van die karakter; hulle het ook
krag om in te werk op die karakter. Mense word beïnvloed deur
hulle eie woorde. Dikwels, in n driftige oomblik, en besiel deur die
Satan, gee hulle uiting aan jaloesie of bose bedenkinge, en sê hulle
dinge wat hulle nie werklik glo nie, maar die woorde werk in op
hulle gedagtes. Hulle word bedrieg deur hulle eie woorde, en hulle
glo dit op ingewing van die Satan. As hulle eenmaal die opinie of
gevolgtrekking uitgespreek het, is hulle dikwels te trots om hulle
woorde terug te trek, en hulle probeer om te bewys dat hulle reg is
totdat hulle dit self glo. Dit is gevaarlik om woorde van twyfel uit
te spreek, en gevaarlik om die goddelike lig in twyfel te trek of te
kritiseer. Die gewoonte om on- verskillige en oneerbiedige kritiek
uit te spreek, werk in op die karakter deur die persoon oneerbiedig
en ongelowig te maak. Menige persoon wat hierdie weg ingeslaan
het, het daarop voortgegaan onbewus van die gevaar totdat hy sover
gegaan het dat hy die plek bereik waar hy die werk van die Heilige
Gees gekritiseer en selfs verwerp het. Jesus het gesê, “Elke ydel
woord wat die mense praat, daar moet hulle rekenskap van gee in
die oordeelsdag. Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en
uit jou woorde sal jy veroordeel word.”
[326]
Toe het Hy ’n waarskuwing gegee aan diegene wat onder die
indruk van Sy woorde gekom het, wat Hom met blydskap gehoor,
maar hulleself nie oorgegee het vir die inwoning vare die Heilige
Gees nie. Dit is nie net deur weerstand wat ´n siel kan verlore gaan
nie, maar ook deur nalatigheid. “Wanneer ’n onreine gees uit die
mens uitgegaan het,” het Jesus gesê, “gaan hy deur waterlose plekke
en soek rus en kry dit nie. Dan sê hy: Ek sal teruggaan na my huis
waar ek uitgegaan het. En hy kom en kry dit leeg, uitgeveeg en