Wie is My Broers?
285
skuld uitgedelg word deur die bloed van Christus; maar die een wat
die werk van die Heilige Gees verwerp, plaas homself in ’n posisie
waar bekering en geloof onmoontlik is. Dit is deur die Gees dat God
in die hart werk. Wanneer mense moedswillig die Gees verwerp,
en sê dat dit van die Satan is, sny hulle hulleself af van die kanaal
waardeur God met die mens in verbinding kan tree. Wanneer die
Gees finaal verwerp is, is daar niks meer wat God vir die siel kan
doen nie.
Die Fariseërs aan wie Christus hierdie waarskuwing gegee het,
het self nie die beskuldiging geglo wat hulle teen Hom ingeonng het
nie. Daar was nie een van daardie waardigheidsbekleërs wat nie tot
die Heiland aangetrokke gevoel het nie. Hulle het die stem van die
Gees in hulle eie harte gehoor wat gesê het dat Hy die Gesalfde van
Israel is, en wat by hulle aangedring het om Sy dissipels te word.
In die lig van Sy teenwoordigheid het hulle hulle eie onheiligheid
besef, en hulle het verlang na ’n geregtigheid wat hulle self nie kon
skep nie. Maar ná hulle verwerping van Hom, sou dit vir hulle te
vernederend wees om Hom aan te neem as die Messias. Nadat hulle
hulle voete in die weg van ongeloof geplaas het, was hulle te trots
om hulle dwaling te bely. En deur te weier om die waarheid te erken,
het hulle met geweld probeer om die Heiland se leer te bestry. Die
bewyse van Sy krag en genade het hulle net meer kwaad gemaak.
Hulle kon die Heiland nie belet om Sy wonderwerke te doen nie;
hulle kon Sy leer nie stilmaak nie; maar hulle het alles in hulle mag
gedoen om Hom vals voor te stel en Sy woorde te vervals. Maar nog
het die oortuigende Gees van God hulle agtervolg, en hulle moes
baie ver- sperrings oprig om Sy krag te weerstaan. Die magtigste
werktuig wat in die menslike hart kan werk, was besig om met hulle
te werk, maar hulle wou nie toegee nie.
[325]
Dit is nie God wat mense se oë verblind en hulle hart verhard
nie. Hy stuur die lig om hulle uit hulle dwaling te help en hulle
op veilige paaie te lei; dit is wanneer hulle die lig verwerp dat
hulle oë verblind en hulle hart verhard word. Dikwvels geskied die
proses geleidelik en byna ongemerk. Lig kom tot die siel deur Gods
Woord, deur Sy diensknegte, of deur die regstreekse werking van
Sy Gees; maar wanneer een ligstraal veronagsaam word, geskied
daar ’n gedeeltelike verduistering van die geestesvermoëns, en die
tweede ligstraal word dan nie so maklik gesien nie. So neem die